Jongste aktiwiteit:

Geroes-geanker

Hier waar jy lӗ
langs die pad
met ylblou deur
wit mistigheid en suising heen

Waar gaan jy heen?
het die lewe jou nie geleer
om rustigheid te vind
en om situasies beter te hanteer

Hier waar jy opkyk
na die donserige maan
maar daar is nou ook kronkels
oral om jou
deur verloopte jare heen

‘n Siel wat kyk
deur gebreekte glas
kyk na bruin wysers
wat tik in die wurgend
uur van nood

Wat kyk deur tyd en trane
skoongewas van wintervuil
geroes geanker
laatnag in ‘n koue stad




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed