Jongste aktiwiteit:

Sewe ganse

Sewe ganse

Jakob was toe maar net sewe jaar.

Sy grootste wens was ‘n gans as geskenk wanneer hy verjaar.

Sewe eiers by die vlei het hy gewaar. Sy ma was bang dit was dalk slanggevaar.

Met sy sewe kersies uitgeblaas, kraak die eerste dop.

Voor die maatjies kon sing “Veels geluk met jou verjaarsdag”, was al sewe gansies ook al daar.

Met sy lewe het hy hulle mooi bewaar. Vandag, ná soveel jare, dra hy al ‘n nommer sewe skoen.

Al is die sewe ganse lankal nie meer daar nie, boer Jakob vandag teen dieselfde vlei met nuwe ganse.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed