bekoor
is dit die appelbloeisel-laggie
die pruim-rooi mondjie
of die koring-geel hare
wat twee fraai ogies raam
is dit die perske-geel wangetjies
die guitige skalkse laggie
of die bruin oë
wat my aantrek
is dit jou deugde vry
jou netjiese styl
of jou hartlike groet
wat my hart vermurwe
is dit my verraderlike hart
my ewige soekende oog
of my verlange na iets
soos ware liefde
is dit ons enigste deel
deel van vlietende tyd
of is dit reeds verby
wat ons nooit sal kry
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.