Jongste aktiwiteit:

Gebars tot volmaaktheid

ru omsoom die doringkroon
van genade my diepste Anna-mens
aan die vloekhout vasgespyker
word vrede die lendedoek
wat my onvolmaaktheid bedek

my woorde die salwingsolie
wat lek uit ‘n gebarste kruik
tot daar waar dit op papier
die brood van vreugde breek en
ook die wyn van smart verspil

maar my intiemste gedagtes
en dit wat ek binne voel
word slegs geopenbaar aan
dié wat deur die drie dae duisternis
van my dieptes woel

in die najaar van my lewe
het die edik in soetwyn verander –
oor my smarte is dié lot gewerp
en my toekoms is
in kosbare bloed gemerk

daar sal jy dan die ék ontdek
wat met nuwe vlerke vlug
na die oostekant wat wysheid
en geskenke van lewe
na my geliefdes bring

ja, my woorde is die salwingsolie
wat lek uit ‘n volmaakte kruik

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak