Jongste aktiwiteit:

erfenis

bloeddorstigheid van land
word oopgevlek op berg van amok
kranse word besoedel met bloed van krygers
aasvoëls floreer teen oorhange en steiltes
waar skulpe leeg gevreet lê en droog
stormwolke dreun blou oor berge
blitse kartets teen kliprante
onder brand eensame liggie
in rustige plaaswoning
waar geloof bly staan
oorweldiggende
stortreën druis
neer op sinkdak
waar man geboë
sit en Bybel lees
waar vrou met voorskoot
brood knie vir volgende dag
waar kinders se fotos
afwesig teen muur
in rame hang
iewers in
stad

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed