Jongste aktiwiteit:

Lelie Maree

Voor die kaserne voor die yster hek
Lamplig flikkerend sien ek jou weer
Onder die lantern wag jy nou alleen
Liefling altyd wag jy vir my daar

Soos eens Lelie Maree,
Soos eens, Lelie Maree

Ons twee skadus soos een tesaam
Hoe liefling hoe verlief was ons
Waar jy saggies teer fluister
Dat jy my bemin en altyd sal

Jy Lelie van die lamplig,
Lelie van die lamplig

Wanneer land en vlag en plig my roep
Ons kusgroet altyd lewend in my hart
O’ beuel vanaand o’ moet nie roep nie
Gee nog net een aand geluk met haar

Met myne my Lelie Maree,
Myne my Lelie Maree

‘n Lok van goue hare om gebind
‘n Roos wat sê jy het my lief
Môre kom hartseer en verlang
Jou liefde sal my weer bring

Terug na jou Lelie Maree,
Na jou Lelie Maree

Ons moet skei omhels vaarwel soen
Buite die barakke in die sagte skyn
Onder die lantern staan jy nou alleen
Gaan my gedagtes na jou ver heen

My skat my eie Lelie Maree,
Skat my eie Lelie Maree

Liefling en tot ek staan by jou
Ek weet jy wag daar jy getrou
Steeds al sou ek leed oor kom
Nooit vergeet my lank onthou

Jy vir my Lelie Maree,
Vir my Lelie Maree

Uit die stille hemelruim en aarde grond
As die stille newel wasem mistig word
Sien ek in drome jou verliefde mond
Selfs ver van my jou lippe myne raak

Net jy my Lelie Maree,
Jy my Lelie Maree

As ons mars te swaar te dra my vrag
Koud moeg en swak dink ek aan jou
My liefde vir jou gee my nuwe krag
Voel warm ek is sterk my rugsak lig

Dit is jy net jy Lelie Maree,
Dit is jy, net jy Lelie Maree




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed