Stadsliggies
Stadsliggies
Die son sak weg agter geboue en berge doer in die verte.
Die nag lewe. Mense lag en gesels, ander jaag van robot tot robot.
Oral is liggies wat skyn. Soms lyk dit soos Kersfees op die platteland. Jy kan net stom staan en kyk.
Terug hier op die plaas is daar geen geraas.Naggeluide,sag, elkeen roep die slaaplied saam.
Liggies hang hoog bo teen die helder maan. Niks kan hul vrede weg laat gaan.
Mag die Hemel se stadsliggies ook eendag skyn soos hier op die plaas.
Sal almal dan die vrede kan voel van die natuur en kampvuurliedjies op ‘n vals kitaar?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.