Sterre vir altyd
Sterre vir altyd
Op die verhoog doen hulle almal hul dinding. Dra die titel: superster.
Sing en dans, voorgee met ‘n ander se lyf. Dit alles vir vermaak en tydverdryf.
Sterre hang voor hotelle se deure. Dié word daarvolgens waardeer.
Almal wens maar vir die groot ou vyf.
Skrywers wen ‘n donsie, maar smag vir ‘n veer, ‘n ster van ‘n ander kleur.
Tog is die grootste Ster dit wat ons vandag moes leer.
Waar ook al jy gaan, moet jou sterrelig saamgaan.
Op papier en voorbladnuus kan enige ster môre weer verskiet.
Regte sterspore lê in die liefde deur God gegiet.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.