Jongste aktiwiteit:

Liefdesbriefie vir die Maan

Ek het met die wind gepraat
en sy het my verstaan
Ek het vir die maan
‘n liefdesbriefie agtergelaat

Met woorde en allegorieë
die bladsye bekrabbel
met my drome en verspotte teorieë
onbeheersbare hartseer die hele brief deur gebabbel

Ek het ook oor jou geskinder
oor die banaliteit van my bakvissie verliefdheid
en die spektrum van emosies wat my hinder
hoe ek my doop in die ink van eensaamheid

Ek het die briefie geseël met my laaste traan
en gaan sit en luister
na die soetklinkkende gesuis van jou naam in die wind
die doodskoot wat snags bly eggo

Ek het met die wind gepraat
en vir die maan jóu liefdesbriefie agter gelaat

-I Kriel




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed