Die onweer in my hart
Soms wil ek net in die lêplek
van jou hart skuil
weg van al die wette
wat ons eindlot bepaal
Soek bloot die streling
van onbekende woorde
in die sirkels op my eie werf
waar jy jou eie rym en ritme kan gee
Nog ‘n keer word ek geleer
dinge druk nou regtig seer
bring vir my reӫn uit die noorde
vir die droogte van my oӫ
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Hartseer maar baie mooi geskryf Suzette. . "Nog ‘n keer word ek geleer dinge druk nou regtig seer bring vir my reӫn uit die noorde vir die droogte van my oӫ" So huil ons soms ons oë droog vir niks!