Jongste aktiwiteit:

Wat As

Ek skryf vanaand vir myself,
Vir arme ek.
Die vreugdevolle flindertjie vasgevang in die duisternis
Van haar eie psige,
Sy verdrink haarself,
‘n swak poging
In haar twyfel en verloorenheid
Vasgevang in ongeboorenheid
van ‘n vorige lewe.

Met spelfoute en misvormde rympatrone,
probeer sy tog bo uitkom,
Tog soveel neerslae alreeds
in haar eie kop,
Sy het klaar opgegee,
klaar verloor,
Sy het niks oor,
Net die stemme wat sy nooit kan stuit,
Net die verwyt
Van:
Wat as?

I Kriel




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed