
Onder die maan en melkweg
Onder die maan en melkweg
Ek wil vir jou ‘n liefdesliedjie sing
maar kan dit net op die papier aan jou bring
wil jou met my hele hart sê
aan jou voete my woorde kom lê
Jy’s die een vir my
waar ek die mooiste glimlag kry
ek’s die een vir jou
om wie ek my arms wil vou
onder die melkweg is jy die een
as ons na die sterre kyk is ek die een
net ons twee vir mekaar geseën
jou styf vashou in my arms van woorde
vol lirieke melodie en akkoorde
dans op die strale van die maan
ons saam in ons liefdesdrome gaan
Jy’s die een vir my
waar ek die mooiste glimlag kry
ek’s die een vir jou
om wie ek my arms wil vou
onder die melkweg is jy die een
as ons na die sterre kyk is ek die een
net ons twee vir mekaar geseën
Ek sing nou liedjies op papierwoorde
omhels jou in my versliefdesakkoorde
onder die maanligliefdesstraal
tiekiedraai as al die strale daal
Jy’s die een vir my
waar ek die mooiste glimlag kry
ek’s die een vir jou
om wie ek my arms wil vou
ons onder die melkweg is jy die een
as ons na die sterre kyk is ek die een
net ons twee vir mekaar geseën
© Kopiereg Linda du Plessis 11/11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie vir nog 'n inskrywing vandag, Linda.