Jongste aktiwiteit:

Stil vers

Stil vers

Wanneer jy kom
hoef jy nie op ‘n wolk te sweef
of jou te klee in sagte sy nie
jy hoef geen lied aan my te wy nie
geen sagte lig is nodig nie
en ‘n ster hoef jou nie
flonkerend te volg nie
jou silhoeët hoef nie
in westerlig of oosterlig of maan
geraam te staan nie
en jy hoef nie die geur
van katjiepiering in te dra nie
ek het my deur toegestoot
om die rumoer van verkeer
uit te weer
en ek sit
boek in die hand,
musiekomring
goeie wyn wat stil
in prismakleur
die leeslamp se lig wyd projekteer
jy hoef nie te klop nie
kom net binne
stoot die deur toe
teen die straat se gewoel
kom sit op die leuning van my stoel
en vee jou hare stoutsag
oor my wang
en weet dat ek
sieldiep
altyd na jou verlang.

© Quintin du Plooy




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed