As gister vandag was . . .
Voor jy jou pen in gal doop
staan tog net ‘n oomblik stil,
luister na die stilte gesuisel
wat jou ‘n boodskap bring.
As ‘n vuur stadig aansmeul
kom dit tot volwassenheid,
wanneer die besef aanklop
om die gesuisel te versteur.
Jy sal die boodskap verstaan
wat jou drome aan jou bring,
so dring ‘n wete tot jou deur
dat liefde en haat seermaak.
Vra wat sal jy nie vandag doen
wat jy gister wel gedoen het nie?
Hy mag jou onverwags kom haal
om saam met Hom te gaan stap.
11/11/2017 © C. du Plessis
Voor jy jou pen in gal doop :- die bitterste woorde kies
Gesuisel (suisel) :- duiselig is of word
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.