Liefde kies self pad
Liefde kies self sy pad
Hy was ‘n seun van die stad, sy ma se grootste trots.
Sport was sy passie. Nat handdoeke het hy gehaat.
Groot geword, en seun moes verder gaan leer.
Al het hy dit waardeer, was dit eintlik om sy ouers te eer.
Sy hart het oor die groot blou water geklop om eerder ander kinders te kon leer.
‘n Wêreld onbekend. Geen ma wat kos kon voorsit, en geure so anders as dié van die huis.
Ma se hart was bitter seer. Sal my kind ooit weer terugkeer?
Daar, in die onbekende wêreld, het ‘n nooi sy hart behoorlik omgekeer.
Hy vra na haar hand. Sonder twyfel sê sy: “Ja.”
Sal seun ooit weer na sy eie land terugkeer? Net die wind kan raai.
Al blom ‘n nooi se hart vanaand, is daar ‘n ma wat struikel oor die gedagte dat haar lieflingkuiken finaal die nes verlaat.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.