Jongste aktiwiteit:

Kettie en klip

Kettie en klip

Perfekte takkies word gesoek, die mik se V is elke seun se groot trofee.

Enige tjoep sal doen, selfs al moes jy ‘n heel een verdoem om die boude teen Pa se lat te bewaar.

‘n Stukkie leer is mos ‘n moet. Ouboet se vellies se tong sal doen.

Vandag, jare later, onthou ek blikkies skiet. Voëltjies moes ons eerder bewaar.

Al lê die kettie nou lankal in die kas, bly ek en my ou maters steeds soos kettie en klip.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed