Vrolik speel die handjies
Vrolik speel die handjies
vrolik oor die stof
vrolik wip die bokstertjies
Die voetjies vaal en dof.
Vrolik roep die loerie,
vrolik blik die dam.
Rasend ploeg die trekker,
soos ‘n afgeleefde man.
Vrolik blaf die honde
vrolik lag die vink.
Bemoerd pluk ‘n hen haar vere op.
Die komposhope stink.
Vrolik speel die kind,
die plaaspad op en af.
Dan is sy ‘n perd,
dan ‘n hond wat blaf.
die swart kar op die skerpste draai,
gly verskrik en skêl.
Doodstil is die loerie.
Doodstil is die spel…
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Neeee!! Goed geskryf Amanda