
Alfa en Omega
juig almal juig
Jesus kom weer
nie as ‘n kind in ‘n krip
as ‘n man aan ‘n kruis
maar as die Almagtige
tweesnydende swaard
in wie se stem die waters druis
as die Alfa en Omega
in al Sy heerlikheid
wat skyn soos die son
op ons ongeregtigheid
elke knie sal buig
elke mond getuig
dat Hy die Here is
nou gee Hy ons nou die tyd
om oor Sy uitnodiging te besluit
met die doderyk se sleutels in Sy hand
wag hy nou al so lank…
om die deur na die ewigheid
vir Sy kinders oop te sluit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.