Laaste uur
ag Heer gee dat in my laaste uur
ek opreg voor U sal staan
my gees ‘n brandende vuur
vir U koninkryk
nie ‘n flikkerende half-dood kers
wat brand vir mense skyn
laat my oorwin en aanhou glo
al gaan ek deur helse pyn
o Heer maak my gelouterde goud
maak my minder en U meer
moet my tog nie weeg en te lig bevind
skryf my naam in U handpalm neer
gee my ‘n nuwe kleed
‘n nuwe naam
o Heer moet my nie vergeet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amanda
Lieflik. U is 'n digter van formaat. Ek dink die trefkrag van u gedigte spruit uit die feit dat u temas kies waarin u ervare is. U skryf nie oor dinge wat ver van u af gebeur nie, maar dinge wat u nou aan die hart le. Ek geniet elke gedig uit u sleutelbord.