Jongste aktiwiteit:

Met skewe woorde …

Jy’t in my lewe verskyn,
sonder dat ek dit verwag.
Met skewe woorde my hart gesteel,
ons het baie pêrel oomblikke gedeel,
elke liewe dag,
en toe op ‘n dag het jy verdwyn.

Daai skewe woorde was toe al die tyd leuens,
iemand anders se ring het jy to aanvaar.
Jy het met ‘n ander man gaan trou,
maar self in die maande daarna,
bly ek altyd lief vir jou.

Met skewe woorde het jy my hart gebreek,
my met ‘n skerp voorwerp in die rug gesteek.
Want jy’t my verraai met iemand anders,
maar ek dink steeds aan jou,
jy swem nogsteeds rond in my lewe se branders

©Timothy De Vos Botha




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed