dagbreek
met eerstelig sit ons in stellings
oë soms nog effe dof geslaap
jy moet paraat wees troep
die vyand hou daarvan
om jou met jou oë
nog toe van slaap
aan te val
al doen
hulle
net ‘n
wegstaan
bestoking
daardie mortier
kan jou lewe kos
daardie stortvloed
van wilde skote
kan jou tref
mag jou
klaarstaan
steeds wakker
en paraat wees
troep
die vyand
is soos ’n brullende
leeu wat honger
loop en grom
hy soek
elke
sagte
teiken uit
geloof
is niks
sonder
dade
nie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.