Pragvers
Pragvers
Tussen Kalaharisand en kameeldoring-bome het ek gewoon. Daar op die plaas, tussen skaap en bees. Dit was nog altyd die plek waar ek wou wees.
Oupa het ons geleer van koei en vers. So duidelik hoor ek hom nog sê: “Dit is ‘n pragvers.”
Vandag, tussen papier en ink, gevoelens en onthou, neergepen, kom kuier die plaas weer van tyd tot tyd met pragvers.
Ai, sou pragvers maar ook net ‘n geldjie kon bring, soos veilings op die plaas.
Maar hier, op papier en ink, is daardie vers maar net iets mooi om te kan sê.
1©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.