Jongste aktiwiteit:

Ons Taal, Ons Erfenis (Goud)

 

 

van soggens vroeg tot saans laat,

tussen biddende ouers en kinderlag

staan daar ’n boom, sy naam is Afrikaans

sy takke reik wyd met wortels diep

 

op die wieke van die wind waai sy woorde

in sagte suising oor gebergtes en vlaktes

ritsel die hart in die ritme van ’n volk se stem

wat nooit stil of sterwend sal wees

 

ons taal is nie net klanke en skrif

dit is die brug tussen tyd en plek

die draer van ons hoop en herinnering,

die sleutel van ons eie selfrespek

 

ander tale sing ook salig hul eie lied,

want elk ras het sy eie bestaansreg

maar in óns hart en met óns eie stem

juig ons jubelend oor wat ons onthou

 

’n boer wat saai of die digter wat droom,

die mamma wat troos of die kind wat leer,

voorwaar  – álles leef in Afrikaans se klank,

ons erfenis vir ons om te bewaar en eer

 

met hart en hand wat brand roep ons uit:

“Ons sal bou, ons sal bewaar

Ons vir jou, Afrikaans!”

 

©MarleneErasmus

29/04/2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed