Jongste aktiwiteit:

Nooit (Opdrag 2)

Nooit (Opdrag 2)

Fier fris en vroom
man van aansien
die dominee van ons:
sagte woorde altyd ‘n oor
‘n arm om die skouer
woorde wat troos
bemind (die susters giggel)
en geliefd
so mooie man
geskenk aan ons

in die donker kwispel sy stert
word bloedbelope oë ons gloeilampe
gebalde vuis en dowwe stamp. . .
sag streel sy palm
oor my bloedrooi wang
stroperig verskonend
altyd die vermaning
– moenie dit weer doen nie liefling –
more lag die donker pastorie
weer sieklik vrolik oor sy stille geheim

©A Enslin




12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed