Jongste aktiwiteit:

Met sincerity-Opdrag 2

Met sincerity

sal jy ooit die druk verstaan
van besigheid en bestuur
dienste en beleggings geliaseer,
en die spanning daarmee?
jy is seker onbewus hoe lyk
die groter besigheidsplan
uitgespel aan aandeelhouers,
in finansiële winste op hul geld?

‘almiskie nie minee, met respect, ek salli wieti
ma ek sê ôk djy salli wiet hoe voellit ni
van inni bos slaap en ‘n asblikblik-lunch
die bloutrein en hongepyn wat soes koue brand,
en djy sal okki wiet wa ons al oral getravel hetti
die mense vanni land wa ons al gevisit het,
daai people wat ‘n droog broodkôsie en ‘n kannetjie
met sincerity in hulle se oge en hulle se harte sam deel

© Grootvissie
Julie 2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak