Teenaanbod (Opdrag 2)
Met das gegalg
en prada geanker
in rigiede grein
van linker brein
moet my bid
Mammon se oor
logies bekoor
sodat sy seën
met klaterflonker
en groter pronker
my kan bekeer
tot dogma wat leer
dat die hemelroete geteer is
maar die pad
wat regs van midbrein kartel
lok my gekoördineerde spartel
om gewigloos te wentel
tot by Mistiek se tempel
waar gebede kaalvoet loop
en sy religie in eenvoud doop
© Denise van Rensburg 19/07/2018
6 Kommentare
-

Loretta Szikra
Goed gepen Denise.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Callie Vermeulen
Mooi verwoord Denise.
-

Driekie
Goeie woordspeling, Denise.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed, Denise :-)