klipperig
vol spoelklippe
is die stegies van my hart
waaroor ’n leeftyd se water
sag en in storms gespoel het
ewige sagte spore gelaat
op elke klip en sand
beddings versteur
meegesleur
verder
weer
gedeponeer
om tot rus
te kom
by
vandag
© Tearlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.