Jongste aktiwiteit:

Daar sal altyd duiwe wees

My oë duif oor die kranse
– elke keer as ek jou soek –
saam met swerms wat in sirkels gly
tussen pêrelblink* en Jonkershoek.

Ek vind jou in die berg se piek
– jou beeld gebeitel in die klip.
Jy kabbel in die stroompies
wat salig na benede glip.

Ek hoor jou in die waterval
wat oor die rotse stort
en sien jou in die missproei
waar sonlig reënboog word.

Jy vloei in riviere af
om oor vlaktes te vallei.
Tussen wildegras en -blomme
– dis dààr waar ek jou kry.

My oë duif oor die kranse
tot waar swerms swewehang
– in kringe, oor die Boland –
elke keer, as ek verlang.

*pêrelblink – vewys na Paarlberg in die Boland.

© Carma Shaw
29 September 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak