Ek dink aan jou
Naby jou
In jou barensnood druk ek jou vas teen my bors
al warrel die storms met ‘n harde fors
jou sagtheid so broos
wil ek met ‘n drukkie troos
jou omvou en sê
ek dink aan jou as die son gaan lê
met elke ster se verskyning wil ek jou aanraak
veral as die lewe jou baasraak
kom skuil in my arms as die trane vloei
in jou hartseer sal my hart saam met jou bloei
kom haal jou drukkie by my
as jy in die maan se baan verby ry
as woorde ontbreek
sal ek jou wegvoer en in my arms versteek
vat my hand en dans in die wind
tot vertroosting jou vind
Geskryf deur C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.