Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens in ‘n ver ver land
lê ‘n kind en huil
haar verlange in haar stem verskuil
sy het in grendeltronk beland
Haar hoop verbrokkel
om haar ouers te besoek
saam te deel in Kersfeeskoek
in ‘n hartseer kombers gewikkel
Êrens staan ‘n moeder op haar knieë
trane loop oor haar wange
“Heer kom stil net haar verlange
beskerm haar in haar alleen weë”.
Iewers in die hemel is daar ‘n ster wat skyn
wat waak oor moeder en kind
woorde van vertroosting sing in die wind
met versekering, die seer, sal binnekort verdwyn.
Geskryf deur C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.