Jongste aktiwiteit:

Tussen branders

–
met bonsende hart
bestyg hy vanoggend
die duin van sy hart
–
tussen branders
lê daar trane en wag
is daar mooi en pyn
–
later, veel later
sal die wind weer waai
wolkies reën giet
–
geen meeu sal kerm
geen seevoël sal kekkel
geen mossel blaas
–
tussen golwe
lê daar verdriet
oudword verniet
–
met daeraad
kom die pyne
tussen lyne
–
tussen branders
is daar liefde en hoop
vir my en ander
–
©Teãrlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed