
Paddas droom ook (soms)
Langs ‘n groterige plaasdam
In ‘n modderige vlei
staan ‘n miniatuur gehuggie
genaamd Paddadys
Die koninkryk se heerser,
Parradigma was sy naam,
het hierdie modderytjie selfvoldaan regeer
presies soos dit ‘n brulpadda betaam
Maar selfs paddakonings wil soms van hulle lewenskoers ontsnap
Parradigma droom daarvan om die pad van ‘n Paddagoog te stap.
Hy bou lugkastele oor die voltooiing van sy “D”
en hoeveel toekomsvreugde dit aan hom sal gee
as sy onderdane vir die res van hulle dae
hom met eerbied sal aanspreek as
Koning PaDDadigma
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Didi
Ek hou so baie hiervan. Werklik kostelik gedoen.