Lewensdraad
Gespan om die kamp
elke hektaar toegekamp
snaarstyf doringdraad
hoekpaal, ankerdraad
skeidingsdraad
grense bepaal
Geroeste draad met ouderdom
ankerpaal en spar verbrokkel
met wind en weer lot verseël
vernietig met vuur
nie meer gepaste skeiding
grense onbepaal
Growwe Hand rustig ingespan
vervang gebroke paal en geroeste draad
skitterblink nuwe draad
grense weer bepaal
hart en siel toegekamp
nuwe Lewensdraad
hou alles weer op die regte plek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek