Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2021 – Metaforiese projek

Beste INKers

2021 is metafories op haar rug. Almal begin om stadig af te wen en daarom gaan die opdrag hierdie maand eerder in die kleine ook ‘n bydrae lewer tot beplande ontspanning.

Die projek is geheel oop en ontneem van alle voorskifte.
In welke afdeling jy ookal deelneem, is dit net jou verbeelding wat jou kan kortwiek.

Gebruik die geleentheid om daardie vers, storie, artikel of rubriek wat jy die hele jaar in die laai gebêre het met ons te deel.

Laat ek ook die geleentheid gebruik om elkeen ‘n besonderse kersseisoen toe te wens.
Ook aan die wat nie noodwendig Kersfees vier nie, wens ek ‘n heerlike tyd saam geliefdes en vriende toe.

Tot ons weer ontmoet in 2022, laat julle woorde in Afrikaans, lewe en vreugde bring.

Woordgroete
Projekbestuurder

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Desember 2021 Metafoor projek – Uitslae en Kommentaar

Deur Datum gepubliseer: 1 Februarie 2022 10

Baie geluk aan hierdie 10 lede!

GEDIGTE
GOUD
1ste – No 18 Andries Fourie met Beroerte
2de – No 19 Andries Fourie met Kasgeraamtes
3de – No 4 Anzé Bezuidenhout met Eggo’s van Bakkrans

SILWER
1ste – No 13 Amanda De Meillon met Winterspore
2de – No 14 Palet met Nakend is die nag
3de – No 9…

Stilte se boodskap.

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2021 10

Sag vou Stilte haar kleed om my
en wys my die pad van herinneringe
al ligvoets dansend in die mooi van haar kleurvolle kleed
stap ek agter haar aan op hierdie kronkellende pad van onthou

tyd het gestol in hierdie stille uur
toe sy die fluisteringe van gisters diep in my hart kom neerlê
o,…

Heuning op die tong.

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2021 7

Heuning op die tong.

So kom ons op die punt waar die jaar letterlik op sy rug lê. As ʼn ywerige aspirantskrywer en digter probeer ek om vir oulaas in 2021 my gedagtes te verwoord. ʼn Baie interessante projek laat my tone krul en die woorde warrel omtrent heen en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 115 gaste aanlyn

Bydraes – Argief