Kasgeraamtes (Goud)
geraamtes hang in donkerstyl
aan ou hangers in ‘n kas
geboë soos aan galge
met saamgeperste vuiste
(alles been op been)
skuil agter ou ge-erfde jasse
en bly vir jare daar alleen
maar as die skadus konkel
en strepies lig kom in
verander die versteekskelet
in ‘n moë marionet
een wat struikel in sy val
en alles op jaslappe
in die oopte kom uitstal
Andries Fourie
(Seirdna)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek