om te, te
–
snedig kom die woord
“ja alweer te diep in die bottel gekyk”
“ag maar sy is so mooi, te mooi om waar te wees”
eeue oud al die gesegdes om te, te
–
net te laat besef hy sy fout
net te vroeg weg gespring
net te veel inhibisies wat kwel
net te min gewete om, om te gee
–
soos die branders huistoe kom
so kom gesegdes ook na hul taal
soek ‘n tuiste waar alles rustig is
waar te veel of te min nie geld
–
mag die nuwe jaar wat kom
nie te veel probleme bring nie
mag dit elke mens se verwagting
oor goeie dinge te veel kere oortref
mag die te’s in jou lewe telkens
net vrede huistoe wil bring
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.