Jongste aktiwiteit:

die lewe is ʼn mengelmoeskardoes (SILVER)

die lewe ʼn mengelmoeskardoes

vroegmôre-vreugde dans in tortelduifklanke soet
as somerson skugter stil nuwe juweel kom ontmoet
nog ʼn dag vir ons geskenk uit Sy genade so groot
as sonstrale singend saam die môrestond groet

selfs díe met hart van klip neurie saam op noot
vaste vertroue: U die wingerdstok, ek die loot
goudgeel glinsterend diamante aan grashalms getuig
nuwe lewe wat bruisend bot en bloeisels uitstoot

veld en voëls wat saam in lied van die lewe juig
zoemend bye en tjirpende voëls een in die tuig
plof-plof plas eerste druppels: lente trek bruidskleed aan
winter wat willoos die knie voor lente van die lewe buig

die lewe is ʼn mengelmoeskardoes in sagte saffraan
mens en dier wat saam in harmonie voor Hom staan
as somerson se giggelgeel genade om ons karos
besef ons met seker wete: Hy is die rede vir ons bestaan

©Marlene Erasmus
29/12/2021




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed