Die mooiste kersgeskenk
Estelle kyk met groot bruin oë rond in die kamer, oorkant haar is ‘n tafel, en twee enkel bedjies. Sy is moeg, dit was ‘n lang dag. Haar ouers het grusaam verongeluk, sy was die enigste oorblywende,en is nou in die weeshuis se sorg geplaas. Sy gaan lê op die bed naaste aan die vester en raak aan die slaap. Dis twee dae voor kersfees, haar ouers het nog nie eers kans gehad om vir haar ‘n persent te koop nie. Dit is die eeste kersfees sonder hulle, terwyl sy slaap loop trane teen haar wange af, en maak ‘n nat kol op haar kussing.
Sy skrik wakker toe die deur oopgaan, ‘n lang maer meisie gaan sit op die bed oorkant haar.
“Hallo, my naam is Karin Liebenberg. Ek is jou nuwe kamermaat.”
“Hi, ek’s Estelle Roux, het ook vandag gekom. Jy wil seker jou tas uitpak, maak jouself tuis.”
Later stap hulle na buite, dit is ‘n mooi groot tuin met baie rose. Eenkant is ‘n swembad met paar kinders wat daarin baljaar, hulle stap soontoe.
“Kom swem saam, die water is heerlik.”
Wouter gooi hulle speels nat, sy blonde kuif hang oor sy oë. Mooi seun, omtrent hulle ouderdom, maar stout kan oor sy hele gesig gelees word.
“Sal anderkeer saam swem, dankie.”
Karin, lag vir hom sy hou baie van die seun. Sy is self baie mooi, menigte seuns val oor hulle voete vir haar. Sy is nou al vyf jaar ‘n weeskind, eers in ‘n ander weeshuis gewees. Sy het besluit om oorgeplaas te word na die een, wil ballet neem van volgende jaar af. Terug in hul kamer besluit die meisies om te gaan stort, dit is amper tyd vir aandete. Estelle trek ‘n denim met ‘n wit t-hemp aan, Karin ‘n koel somers rok effens aan die kort kant, sy weet haar bene trek baie aandag.
Oppad eetsaal toe loop hulle verby ‘n groot kersboom met baie liggies. Estelle stop by die boom, met heimweë in haar oë staar sy na die liggies.
“Pappa, ek wil graag die ster bo-op sit.”
Haar pa tel haar op, sy onthou nog hoe gelukkig sy op daardie oomblik gevoel het. Haar ma, het vir hulle gekyk met die mooiste glimlag. Sy het daar gestaan, soos ‘n engel gelyk met haar lang blonde hare. Haar ouers was baie lief vir mekaar, onafskeidbaar gewees. Sy weet hoekom hulle saam verongeluk het, die een sou nie sonder die andereen kon lewe nie. Maar nou is sy alleen, ‘n weeskind wat met die hartseer rondloop.
“Estelle, ons gaan laat wees vir ete. Waaraan dink hy so ingedagte?”
Karin vat Estelle se hand, en loop na die eetsaal. Môre is kersfees, die saal is vrolik opgemaak, met kersmusiek sag in die agtergrond. Dit was ‘n smaaklike ete, die nagereg was heerlik. Een van die onderwysers se ouers is plaasboere in die omgewing, elke kersdag word die kinders mer ‘n bus plaas toe gevat vir ‘n onvergeetlike dag se pret en plesier. Estelle probeer dapper glimlag met die gedagte, sy weet haar ouers sal wil hê sy moet dit geniet saam die ander.
Vroeg die volgende oggend is die weeshuis in rep en roer. Oral borrel kinders oor van opwinding, buite staan hulle in ‘n lang ry langs die bus. Oor paar minute vertrek hulle plaas toe, paar laaste reëlings word getref, reëls word aan hulle voorgelees van al die ‘moets’en ‘moenies’. Juffrou Elna groet elke kind met ‘n drukkie en seënwense vir die spesiale dag. Estelle hou van haar, sy laat haar baie dink aan haar eie ma, so liefdevol.
Op die plaas aangekom kan die kinders nie gou genoeg uit die bus klim nie. Dit lyk so mooi, oral is tafels gedek met lekket eetgoed op. ‘n Groot kersboom met persente om hom, met elke kind se naam daarop geskryf. Na al die persente oopgemaak is, word tannie Marie en oom Johan persoonlik deur elke kind bedank. Hulle is so dankbaar om dit vir die kinders te kan doen, elkeen is spesiaal vir hulle. Estelle en tannie Marie het so baie dinge in gemeen, sy het die heeldag om haar gekloek om hand by sit met al die aktiwiteite, en takies.
Oppad terug slaap omtrent elke kind in die bus, uitgeput van al die opwinding, en speletjies. Estelle kyk by die venstertjie uit, sy voel gelukkig. Vandag het sy ‘n baie spesiale tannie ontmoet, iemand wat haar weer soos ‘n kind laat voel het, soos toe haar ouers nog geleef het. Die mooi van die lewe kon laat voel het, die seer ligter gemaak het.
Weke het verbygegaan, tot een middag na skool word sy ma juffrou Elna se kantoor geroep. Sy wonder waaroor die besoek gaan, terwyl sy na haar kantoor toe loop pluk sy ‘n blommetjie uit die bedding. In die kantoor voel sy half ongemaklik, sy gee die blommetjie vir juffrou Elna.
“Dankie Estelle dit is pragtig, ” Sy sit die blommetjie in ‘n glas water op haar lessenaar.
“Ek het baie goeie nuus vir jou, jy gaan in pleegsorg geplaas word . My ouers het aansoek gedoen in die kinderhof om jou aan te neem. My ma kan nie uitgepraat raak oor die oulike dogter wat haar so mooi gehelp het op kersdag verlede jaar nie.”
Estelle kan haar ore nie glo nie, sy is sommer lus en skree hardop ‘dankie’.
“Dit is wonderlike nuus juffrou, ek is so bly en dankbaar om deel van hulle lewe te kan wees.”
Estelle ietwat oorbluf, loop terug na haar kamer. Karin kan haar nuuskurigheid nie bedwing toe sy sien hoe Estelle lyk nie. Sy straal behoorlik en kan nie ophou glimlag nie. Haar kamermaat het duidelik goeie nuus gekry.
“Vertel my! Wat het gebeur Estelle?”
Estelle gaan sit op haar bed, sy begin huil maar die keer is dit trane van blydskap nie van hartseer nie. Sy vertel die nuus aan Karin, en dan huil Karin saam haar. Lank het hulle so saam op die bed gesit, hulle gaan mekaar mis. Soos sussies is hulle vriendskap vir mekaar, Sy help die volgende dag vir Estelle haar tasse pak, hulle gaan haar later die middag kom haal. Sy groet al haar maats, dit was lekker tye saam hulle. Soos een groot familie het hulle gevoel.
Estelle se nuwe pleegouers is wonderlike mense, toe sy op die plaas aankom het sy sommer tuis gevoel. Die werfhonde en kat het haar vriendelik verwelkom, selfs Mina die papegaai sê oor en oor ‘hallo’. Wat ‘n warm verwelkoming, duidelik het almal haar gemis, soos sy ook vir hulle. Haar nuwe huis, voel nog so onwerlik vir haar, haar nuwe ‘ouers’ wat haar net die mooiste en beste wil gee. Haar lewe vul met liefde, en vreugde. Sy dink haar ma is nou regtig ‘n engel wat vanuit die hemel vir haar die ouers gegee het, sy weet haar ma glimlag nou weer so mooi soos altyd.
“Dankie mamma en pappa, ek is nou weer gelukkig. Al die hartseer is weg, want ek weet dit is wat julle vir my begeer. Dankie vir julle liefde, julle is my ster wat helder skyn.”
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek