Jongste aktiwiteit:

Terug na die Begin

Terug na die Begin
Sy kyk na die groot kop van die man wat gebukkend oor haar tekeninge staan, voor sy iets kan sê, word hy bewus van haar teenwoordigheid, kom orent, en draai om, en al wat deur sy gedagtes gaan, is, ‘Wat sal die ‘kind’, hier in die tekenkantoor soek,’ en sy sien die vrae in die gitswart oë.
Met die ongeduld wat hy voel, vra hy, “Kan ek help, soek jy na iemand,” en haar blik is reguit, selfs bietjie uitdagend, “Nee, ek werk hier, dit is my werk wat u bestudeer.”
Mauro Jorge Lourenco se mond val oop van verbasing, ‘Dit kan nie wees nie, hierdie mensie, wat nie eers tot by sy skouer reik nie, kan nooit oud genoeg wees om te werk nie, vergeet nog hierdie absolute briljante werk lewer.’
“Is jy seker,” Vra hy meer om sy balans te herwin, as om ʼn antwoord te kry, en hy sien die mooiste iets wat hy ooit gesien het, ‘Die glimlag van ʼn elfie’, dink hy, en hy vra, “Wie is jy,” en gaan sy mond werklik oop.
“Armind Assunção,” en in die vreemdheid van die naam, weet hy dit is haar werk, want dit staan nie net op die velle, en velle tekeninge nie, maar hy hoor die Hoof Ingenieur, Mitch Frey, se glimlaggende advies, ‘Vra net in die tekenkantoor vir die klein uitlander met die vreeslikste naam en van, hulle sal jou reghelp.’
“Is jy oud genoeg om te werk,” Kom dit spontaan.
Die vlietende oomblik se lag sterre in haar oë, die kuiltjies in haar bleek wange met die rooi rosigheid op die kakebeen se spiere laat hom verstom, en hy weet hy is onkant gevang deur hierdie mensie, “Hoe lank is jy al hier?”
“Twee maande, more, om presies te wees,” en skielik is daar agterdog in haar oë, “Is iets verkeerd met my werk, is enige iets verkeerd?”
Hy sien die effense vrees, weet hierdie gesprek is besig om in ʼn verkeerde rigting te gaan, en hy vra sonder om te dink, “Hoekom dink jy daar is iets fout?”
Sy kyk een oomblik stip na hom, frons, en sê met agterdog in haar oë, “Ek weet nie, miskien omdat jy soveel vrae vra.”
Mauro weet hy het sy ewewig verloor, en hy het geen idee hoekom nie, “Weet jy wie ek is,” vra hy, en hy sien die lag in haar oë.
“Wat is so snaaks,” vra hy gemaak streng.
“Het jy vergeet wie jy is,” terg sy hom met die ou grappie, maar gaan dadelik voort, “Moet ek weet wie u is,” en nou is sy ernstig.
Hy weet nie of dit teleurstelling is omdat sy hom nie herken nie, of miskien die wete dat ‘hy’, geen belang in haar lewe is nie, en met die effense teleurstelling in hom, sê hy gelykmatig, “Seker nie regtig nie.”
Met baie minder vuur in sy stem, “Kom ons kyk na jou tekeninge, is hulle klaar vir produksie?”
Armind besef die grap is verby, en sy verdiep haar in die gesprek en die werk.
Mauro voel met elke woord wat sy uiter asof dit uit ʼn ander se mond moet kom. Hy kan hierdie briljantheid net doodeenvoudig nie aan hierdie ‘kind’, se postuurtjie hang nie.
Soos hulle gesprek vorder, besef hy, sy is geen tekenaar nie, sy is ʼn briljante ingenieurs ontwerper, meer begaafd en briljant as wat selfs hy, Mauro is.
Hy kyk hoe vaardig sy die tekeninge deurwerk, hoe sy detail tegniese begrippe aan hom verduidelik wat hy weet nie algemene begrippe in hierdie land is nie, nog nie is nie.
Mauro gaan staan regop, kyk na haar, en wanneer sy opkyk in sy gesig, vra hy sonder enige grap of vermaak, “Wie is jy regtig, en waar kom jy vandaan?”
Hy sien die agterdog, die een oomblik se vrees wat oor haar gesig kom en in haar ongelooflike groen oë intrek terwyl sy met die ophaal van die klein skouertjies die vraag ignoreer, omdraai, en aangaan met haar werk, en hy weet, dit is dit, vir haar, hierdie gesprek is verby.
Hy voel vir geen rede ʼn verlies, waarvan weet hy nie, en sy stem dra dit wanneer hy vra, “Wanneer kan ek ʼn stel van die voltooide tekeninge kry?”
Sonder opkyk, of ʼn teken dat sy geraak is, kom dit, “Voor ek huis toe gaan vanaand.”
Hy kyk na die swart kop, sien die effense frons op die voorkop, en hy bly verwonderd, “Vat dit deur na Mitch Frey, die Hoofingenieur se kantoor wanneer jy klaar is asseblief.”
Armind knik haar kop, kyk een oomblik wel op na hom, kyk hom stip in die oë, en gaan aan met die laaste afronding van die planne.
Sy weet sy sal moet roer, sy moet die twee seuns voor sewe by Teresa kry, en al waaraan sy kan dink, is, ‘Dankie dit is Vrydag’, en sy vat aan die geld in haar sak. Sy was juis betaalkantoor toe om die maand se salaris te kry, toe ‘hy’, wie hy ook al is, hier by haar tekenbord kom staan het.
Sy skud alle gedagtes van hom af, en konsentreer op haar werk, daar is geen tyd in haar lewe om te mors op vreemdelinge nie.
Tien oor ses, gee sy die tekeninge af by Mitch Frey se kantoor. Met haas in haar draf sy deur die gange, vertoef een oomblik binne die ontvangs, kyk noukeurig na buite, en draf uit by die groot gebou se deur, vleg deur die verkeer, verdwyn in die park, op pad om die seuns te gaan haal, en die vreugde is in haar, ‘Vanaand kan hulle behoorlik eet’.
Wanneer Mitch die tekeninge in Mauro se kantoor inbring, kyk Mauro met verwagting om te sien of die ‘klein uitlander’, by is, en vir geen rede voel hy teleurstelling wanneer hy besef sy is definitief nie daar nie, en die gedagte is in hom, ‘Eerste tekenaar wat hy van weet wat nie die geleentheid aangryp om in die ‘Groot Baas’ se kantoor te land nie.’
“Waar is die tekenaar,” en hy probeer die teleurstelling uit sy stem weer.
“Reeds weg, sy werk soos ʼn besetene bedags, vat geen ete, of teetyd nie, maar sodra dit ses-uur word, drafstap sy uit die gebou uit,” en met ʼn glimlag, “Amper soos ‘Cinderella’, dalk bang die sprokie verdwyn na ses,” en Mitch probeer sy stem ook gelykmatig hou.
Hy weet hy wil Armind ondersteun, wil verseker haar inkomste is veilig hier by hulle, en hy gaan vinnig voort, “Een ding is seker, hierdie klein ‘Uitlander’, is nie net begaafd nie, sy moes iewers kennis opgedoen het wat geen ander persoon in hierdie land het nie, dit sê ek jou Mauro, haar werk is ongelooflik. Sy het ook die hoë-spoed turbines ontwerp wat jy voorgelê het vir Angletto.”
Mauro probeer onaangeraak bly, maar hy weet, hy kan nie, en al wat hy waag om te sê, is, “Haar werk is werklik ongelooflik goed.”
Mitch weet hy wil Armind se saak versterk tot waar hy kan, en sê ernstig, “Jy weet sy doen hierdie hoogs gekompliseerde ontwerpe met die soort van gemak waarmee ek en jy ʼn vierkantige huisie sou ontwerp,” en Mauro weet dit is waar, en hy weet hy wil haar ken, “Waar kom sy vandaan,” vra hy, terwyl hy probeer voorgee hy is onaangeraak.
Mitch weet hy moet sy woorde baie versigtig kies, “Weet nie regtig nie,” sy is deur Professor Grosskopf van die Universiteit gestuur, met ʼn brief van bekendstelling,” en verduidelikend, “Ek en Grant kom ʼn lang pad, daarom het ek haar in die tekenkantoor aangestel.”
Mitch Frey weet hy verswyg doelbewus die waarheid wat hy ken, dit wat niemand anders verder moet ken nie, en hy herroep Grant se pleitende stem die aand toe hulle gepraat het, ‘Moenie vrae vra nie, gee haar asseblief die werk, en jy sal nie spyt wees nie Mitch,’ en hy weet, hy is nie spyt nie, sy is dit werd.
“Wat is haar kwalifikasies.”
“Grosskopf sê sy is ʼn Ingenieur.”
“Kan nie wees nie, sy is ʼn pure kind, Mitch.”
“Lyk dalk soos ʼn kind, maar sy is amper vyf-en-dertig Mauro.”
“Nooit, ek sal dit nie vir een oomblik glo nie. Hoekom werk as ʼn tekenaar en nie ʼn Ingenieur nie.”
Mitch weet hy wil Mauro gerusstel, maar hy weet, hy sal niks noem wat Armind in gevaar stel nie, “Sy is ʼn ontwerp Ingenieur Mauro, die beste wat ek en jy ooit sal sien, moenie nou dinge bevraagteken nie, asseblief, glo my net en laat dit vir nou net verbygaan.”
In Mitch is daar ʼn kommer wanneer hy in Mauro se gesig kyk, hy weet hy sal nooit Armind se verlede praat nie, maar sy weet hy sal uitkyk vir hulle.
Hy weet, hierdie gesprek moet hy nou beëindig, en stap hy sonder ʼn verdere woord terug na sy kantoor, hy voel die verwyt in hom om inligting weg te hou van Mauro, maar hy weet kosbare lewens hang daarvan af.
Nadat Mitch Frey wegstap, bly Mauro vir ʼn wyle gebukkend oor die velle tekeninge en hy weet, hy sien die werk van ʼn genie.
Hy draai weg van die tekeninge en staar deur die kolossale vensters op na die Italiaanse hemel, hy weet, die klein ‘Uitlander’ se beeld het in sy gedagtes vasgesteek, en sien hy telkemale die kuiltjies in die elfagtige-gesiggie, en hy voel ʼn heimwee na haar teenwoordigheid, en hy kan dit nie peil nie.
Sodra Armind by Teresa se hek indraf, is die seuns gereed, aangetrek met hulle rugsakke op hul skouers, en sy druk hulle ʼn oomblik teen haar hart, en met ʼn wuif in die rigting van Terese Nunes, vat sy hulle aan die hand en draf hulle uit by die hek, die donker nag in.
Sy kyk na die twee boeties van haar, Elehandro twaalf jaar oud, pikswart hare met blou oë, en Jorgeness agt, ook met pikswart hare, en grasgroen oë soos haar eie, en sy weet, haar lewe vir hierdie twee.
Hulle gaan in by die supermark, koop kruideniersware, brood en melk, en vir elk ʼn pizza. Vanaand moet sy hulle bederf, sy het betaling gekry, en dit sal definitief genoeg wees vir die volgende maand tot sy weer betaal word.
Dit is na nege wanneer hulle die houtdeur agter hulle toe stoot in die buitewyke van die stad. Armind maak seker die gordyne is toegetrek voor sy die lamp aansteek. Dit is ʼn streng vereiste, hulle gaan in die donker uit, en kom in die donker terug, dit is hulle behoud, niemand moet weet waar hulle woon nie.
Die seuns is oud genoeg om die gevaar te besef, hulle was by haar drie-jaar gelede toe hulle ouers so wreed van hulle weggevat was, en sy onthou hulle drie tussen die bome in die boord in Rusland, bang, koud, en tot die dood toe beproef. Hulle behoud was die donker, en die digte boord wat hulle versteek het daardie vreeslike nag.
Sy onthou die maande se vlug om uit Rusland te kom tot hier waar hulle nou in Rome se agterstrate vir eers veilig is, sy onthou die tientalle mense wat hulle gehelp het, sy voel die vrees en tamheid in haar, en sy weet sy moet gaan rus.
Hulle eet, en sy sit die seuns in die dubbelbed agter die gordyn skerm, stoot haar enkelbed teen die buitedeur, en gaan lê.
Voor sy aan die slaap raak, draai die afgelope drie-jaar se beelde deur haar kop, en in haar skreeu die vraag, ‘hoe lank nog voor hulle geluk uithardloop en hulle gevind gaan word,’ en sy voel die vermoeienis van die afgelope jare se vlug, sy weet hulle moet binne ʼn afsienbare tyd weer van hier af verder gaan, nooit lank op een plek bly nie, dit is hulle behoud.
Deur die naweek was en stryk sy en die seuns hulle klere in die drievertrek skuiling, speel skaak, en werk aan verskeie klein projekkies wat hulle elk begin het om die dae om te kry. Die projekte sluit wetenskap formules, musiek blaaie, skaak bewegings, en veral tegniese tekeninge van die kern sentrales waar hulle groot geword het in. Dit hou hulle besig in die vertrekke deur die naweek, want sy is te bang om in die daglig uit die huis te gaan.
In sy luukse paleis dink Mauro steeds aan die klein ‘Uitlander’, en wag hy met ongeduld vir Maandag. Sy gedagtes is absoluut oorgeneem deur die klein gesiggie, hy weet hy wil haar geheim oopmaak sodat hy haar krag oor hom kan breek.
Dit is ses-uur in die oggend wanneer sy die seuns by Terese afgee, die reëling vir die afgelope drie maande. Terese deel in haar geheim, hulle kom uit verskillende lande, maar deel dieselfde vrees, en hulle verstaan mekaar.
Dit is kwart-oor-ses wanneer sy die teken kantoor instap, reguit na haar ‘In-hokkie’ om die volgende ontwerp wat Mitch Frey vir haar toegedeel het, te neem.

Sy kyk deur die opdrag en voel die opgewondenheid in haar, sy lees die kort briefie wat Mitch aangeheg het: ‘Kyk solank hierna, en laat jou gedagtes gaan, sodra ek in is, sal ons dit met die groot baas bespreek.’
Die ontwerp is die van die uitbreidings van die kernkrag sentrale wat ʼn paar maande gelede in die media aangekondig is. Dit is hoekom sy Professor Grosskopf gevra het om haar in hierdie maatskappy in te kry, want hierdie is haar belang, haar talent, sy weet dit is waarom hulle nie ophou om na haar en die seuns te soek nie. Hierdie gawe van haar, en haar hele familie, is die vloek wat hulle agtervolg.
Sy weet, Lourenco en Lourenco Inc is ʼn maatskappy wat wêreldwyd bekend is vir hulle ontwerpe, so ook die grootbaas van hierdie maatskappy, en sy wonder oor hom, wie is hy, en hoe soort mens is hy?
Sy skud die gedagtes af, en begin dadelik ʼn paar gedagtes op papier sit, sy wil hierdie ontwerp hê, en sy gaan seker maak die ‘grootbaas’ gee dit vir haar.
Mitch stap kort na agt die teken kantoor binne, “Hallo,” en sag sodat net sy dit hoor, “Dinge goed by julle,” en sy waardeer dit, nog iemand wat help om haar en die seuns veilig te hou, “Alles reg, ons is uiters versigtig.”
Hy knik sy kop, en sy hart bloei vir hierdie mensie wat al deur so baie hel is, en hy voel die vrees vir hulle lewens in hom.
“Reg om die ‘groot beer’, te sien,” Vra hy met lag in sy stem.
“Ja, ek dink ek is goed genoeg voorberei, Mitch ek soek regtig hierdie ontwerp met ʼn seer hart.”
Hy besluit om haar nie te sê Mauro het self besluit hy wil haar, en net haar, op die projek hê nie, en hy glimlag, ‘Kom ons sien hoe sy hom oortuig’, en hy skaam homself glad nie oor sy gedagtes nie, hy weet, haar briljantheid sal haar hier hou, en hy moet net sorg dat Mauro elk dag bewus is van daardie briljantheid.

Mauro Jorge Lourenco
Pryk dit in groot swart letters op die massiewe kiaat hout deure. Armind dink hoe verskillend dit hier in hierdie land is, teen waar sy vandaan kom, haar pa was die grootste van die grootste kern ontwerpers, en hy het nooit sy naam op enige deur gesien nie, en sy voel die pyn van die verlies van hom en Helena, en sy onderdruk die hartseer met geweld.
Die sekretaresse wuif hulle vriendelik die ‘groot baas’, se kantoor binne, en die groot vertrek, met die luukse teken borde agter ʼn glas afskorting in die een helfte van die kantoor, laat Armind se mond amper oophang, ‘Die ‘groot baas’, werk wragtig nog self ook, dink sy,’ en is verbaas daaroor.
Die man agter die groot lessenaar staan op, en vir een oomblik is Armind uit die veld geslaan, ‘Dit is die man van Vrydagaand,’ flits dit deur haar gedagtes, en sy verbleek tot poeier-wit wanneer sy besef met wie sy so astrant was.
Mauro sien die verbleking, en die groen oë wat amper swartgroen word, en hy vrees sy gaan enige oomblik omval, maar hy sien hoe sy met verbasende krag haar balans herwin, die rooi op haar kakebeen spiere word nog rooier, en hy haat homself oor haar verleentheid.
Hy steek sy hand uit sodra hy voor haar staan, en sy steek haar hand woordeloos uit na hom. Die aanraking is vir albei ʼn skok, en Mauro weet, hierdie aanraking het ʼn geweldige impak op sy gemoed, meer as enige ander aanraking in jare.
“Hallo, jammer ek het myself nie Vrydagaand voorgestel nie,” en sy oë lag in hare.
Weer die pragtige stem en die kuiltjies in die elfagtige-gesiggie, “Alles my fout, ek is jammer ek was so voortvarend, indien ek geweet het,” en hy probeer haar stilmaak, skielik ongelooflik jammer vir haar, “Nee liewers ons albei se fout,” en hy hou haar hand in syne.
Mitch staan sprakeloos, ‘Wat gaan aan tussen hierdie twee mense,’ en hy is skielik in sy hart jammer vir albei, hiervan kan niks kom nie, weet hy. Wanneer hy in Mauro se gesig kyk vergroot die vrees, Mauro se oë wys meer deernis as wat Mitch hierdie sterk man ooit sien betoon het.
Armind trek haar hand stadig uit Mauro se hand, en die warmte van die aanraking bly in hulle.
Hy vra die vraag, maar hy weet sy het, want hy sien die velle in haar hand, “Het jy na die opdrag gekyk?”
“Ja, ek het,” en hy sien die smeking in haar oë.
“Ek sal baie graag hieraan wil werk, ek kan hierdie ontwerp doen, glo my.”
Mauro besef Mitch het haar nie gesê hy het gevra sy moet die ontwerp doen nie, en voor hy iets kan sê, gaan sy voort, “Voor u besluit, kan ek ʼn paar konsepte met u deel,” en die verleë glimlag is op die pragtige gesiggie.
Mauro se hart wil breek, hy wil haar teen sy bors vasdruk en haar verseker sy kan enige iets kan kry wat sy wil hê, en hy voel een oomblik die vrees in hom, ‘Vader wat gaan hy maak’, en hy dink aan sy sielestryd die afgelope naweek, hierdie mensie het absoluut van sy gedagtes besit geneem.
“Ons kan dit bespreek, maar nie nou nie, later sodra jy hier ingetrek het. Jy is die een wat ek op die projek wil hê, net jy en ek.”
Sy kyk sprakeloos na hom, “Jy weet nie eers of ek dit kan doen nie.”
Hy kyk in haar oë, en hy is eerlik, “Jy het gesê jy kan, en ek glo jou.”
Hy hoor die twyfel in haar stem, wanneer sy vra, “Hier werk, hier op die twee-en-twintigste vloer.”
Hy knik sy kop, “Ja, hier, in hierdie kantoor, daar agter die glas skerm.”
Hy sien weer die kommer, “Maar dit sal jou pla indien iemand hier werk waar jy moet werk.”
“Ek het ʼn ander kantoor waar ek sal werk wanneer ek alleen moet werk, maar ek wil saam met jou werk, en ek wil nie die hele tyd afloop teken kantoor toe nie.” Dan, en hy weet, hierdie is nie ʼn verskoning nie, “Die ontwerpe is hoogs geheim, daarom kan jy dit nie in die algemene ontwerp kantoor doen nie,” en hy sien die verligting op die gesiggie.
Met iets in haar oë, wat hy nie kan peil nie, sê sy sag, “Dankie, baie dankie, ek sal jou nie teleurstel nie, ek kan regtig kernkragsentrales ontwerp.”
Mauro sien die emosie, hoop dit is dieselfde opgewondenheid wat hy ondervind aan die vooruitsig om saam met hierdie geniale klein mensie te werk.
Hy voel die verligting wanneer hy die aanvaarding in haar oë sien, en hy is skielik haastig om haar hier by hom te hê, “Dan is dit gereël, kry jou persoonlike goed van onder af, en kom dadelik deur dan begin ons kyk na jou konsepte.”
Sodra Armind en Mitch uit die kantoor is, draai sy na hom, “Dankie Mitch, ek weet jy het baie te doen hiermee, baie dankie, die opdrag is soos manna uit die hemel vir my.”
Hy kyk na haar, en hy is geweldig jammer vir haar, “Weet net Armind, Mauro ken kwaliteit wanneer hy dit sien, en jou werk is meer as dit.”
“Dankie, ek is jou ewig dankbaar.”
Hulle staan een oomblik stil, “Bly julle net veilig, en onthou indien enige iets gebeur, moet jy onmiddellik met my praat, ons het planne in plek vir julle.”
Met die skaduwee wat een oomblik in die groen oë vassteek, “Dankie ek waardeer dit.”
Haar hart sing wanneer sy in die hysbak klim, en die gevoel is steeds in haar, wanneer sy weer ʼn rukkie later uitstap op die twee-en-twintigste verdieping.
Sy gaan sit in die ontvangs, maar Julia Furtardo, Mauro se Sekretaresse, wink haar dadelik nader, “Jy kan direk instap, jy hoef nooit te wag nie, die kantoor is nou soos jou eie,” en wanneer sy in die gesiggie kyk, kry sy die gevoel wat Mauro gehad het, ‘Is hierdie mensie ooit oud genoeg om te werk?’
Wanneer sy instap staan Mauro voor die venster en draai stadig om, bang sy sien die afwagting op sy gesig. Hy kon nie aan die werk kom terwyl sy uit was nie, en hy hoor die waarskuwings stemmetjie, ‘Pasop Mauro, jy is besig om toe te laat dat hierdie engel-gesiggie jou ‘alles’ oorweldig.’ Hy skud dit af, hy wil voel soos hy nou voel, bruisend en warm met afwagting, voel soos nog nooit voorheen nie.
Hy steek sy hand in ʼn ‘welkom-groet’ na haar uit, “Kom ons stap deur en gebruik ons hierdie week om behoorlik deur die tegniese vereiste dokumente te werk, en jou konsepte uit te brei.”
Wanneer sy die konsep tekeninge op die teken bord sit, voel Mauro die onwerklikheid van hom besit neem, ‘Here kan enige iemand so ontsettend geniaal wees,’ en hy weet sy het nie meer as twee ure gehad om op papier te sit wat sy gedoen het nie. Hy weet, enige iemand anders, sou dae selfs weke aan hierdie konsepte moes werk, en hy weet verseker, ‘Hierdie is nie ʼn tekenaar nie, hierdie is nie ʼn ingenieur nie, hierdie is ʼn kernkrag ekspert,’ en hy weet hy moet weet wie sy is, iewers moet hierdie mens se naam wees.
Hulle werk sy-aan-sy, sonder ʼn breek, albei in totaal opgeneem in die detail voor hulle, albei diep bewus van die ander, maar so weggevoer met die werk dat dit in ʼn harmonieuse samesyn ontwikkel.
Hulle voel hoe hulle ontspan, hoe die heerlikheid van die saamwees en saamwerk oor hulle spoel, en Mauro kom tot rus, dit is hoe hy dit wil hê.
Dan staan hy weg van die tekenbord waarop die tegniese spesifikasies vasgesit is, en sê met ʼn glimlag, “Nou eers breek vir iets te eet en te drink, wat kan ek vir jou kry?”
Sy kyk na hom, sien die afwagting, voel die toegeneentheid, maar sy weet, hierdie is waar sy werk, hy is haar werk, en probeer sy praat asof hierdie aanbod net besigheid is, niks anders nie, “Ek het toebroodjies gebring, jy hoef nie oor my bekommerd te wees nie, jy kan uitgaan vir ete as jy wil, ek sal aangaan.”
Hy sien die gesiggie, die een oomblik se heimwee, en iets raak aan hom, “Nee, ek wil nie uitgaan nie, ek sal Julia vra om iets vir my van die kafeteria te laat haal,” en met ʼn effense beslistheid in sy stem, “Vandag kan jy jou toebroodjies eet, maar van more af voorsien ek die kos.” Hy sien die weiering in haar oë, en hy sê meer beslis, “Armind, kan ek jou Armind noem,” en sy knik woordeloos haar kop.
“Asseblief, moenie dat dit tussen ons staan nie, ons is ʼn span vir die volgende paar weke of maande, vat dit as ʼn gegewe, dit sal help om ons twee op dieselfde golflengte te hou.”
Sy kyk na hom, en met die knik van die pragtige kop, “Goed.”
“Mauro as jy nie omgee nie,” en albei voel die betowering van wat besig is om te gebeur met hulle.
Deur die dag verder werk hulle, breek vir kort tye om iets te drink, en klokslag ses-uur, sit Armind haar potlood neer, staan weg van die teken bord, en sê sag, “Ek moet nou gaan.”
Mauro kyk na die horlosie en besef dit is reeds ses-uur, “Liewe vader, jammer, kan ek jou iewers gaan aflaai, ek het nie besef dit is so laat nie.”
Met die skud van die pragtige kop, “Nee, dit is my gewone tyd, dankie ek is reg, ek moet net nou gaan.”
Met ʼn sagte “Totsiens,” swaai sy haar rugsak oor haar een skouer, en is sy uit by die deur voordat hy tot verhaal kan kom.
Mauro gaan sit op die gemakstoel in sy kantoor, en terwyl hy sy kop agteroor teen die leuning laat rus, maal duisende gedagtes deur sy kop, ‘Wat as sy?’ en hy probeer die gedagtes dood druk, ‘Nee Mauro, moenie dink nie, los net uit’, flits dit deur sy gedagtes.
Armind kyk vinnig deur die verdonkerde vensters van die voorportaal of sy enige suspisieuse mense of voertuie sien, en wanneer alles veilig voorkom, draf sy haastig deur die deure die nag in.
Mauro gaan sit voor sy rekenaar, besluit om te kyk of hy iets van hierdie wondermens op die internet kan kry.
Dit is laat-aand wanneer hy eindelik in sy motor sit, ‘niks, nie een enkele “Hit” op die naam Armind Assunção nie,’ en hy voel die teleurstelling in hom, wie is hierdie een wat sy lewe so omgedop het?
Twee weke later is Mauro al behoorlik rasend van afwagting om iets van Armind uit te vind, hulle werk saam, eet saam, lag saam, en droom saam oor hulle ontwerp wat so vinnig vorder dat Mauro vrees dit klaar gaan wees voordat hy hierdie mensie leer ken het.
Hy probeer haar elke aand oortuig om saam met hom te ry, en elke aand verdwyn sy sonder enige verduideliking of verskoning.
Hy besluit om haar te volg om te sien waarheen sy verdwyn, maar ook dit is onsuksesvol, want die oomblik wanneer Armind in die straat is, draf sy en sonder waarskuwing vleg sy deur die verkeer en in ʼn oogwenk is sy oor die grootpad, en verdwyn sy die donkerte in van die duisend meter park aan die oorkant van die straat.
Mauro voel weer die vrees in hom, ‘Here wat as iets in daardie park met haar gebeur,’ en hy voel sy asem jaag.
Die volgende aand loop hy vroeg en gaan staan in die donkerte van die park, en wag vir haar om verby te kom. Sy slaan oor van die drafstap, na ʼn absolute ‘Sprint’, die oomblik sodra die park se welkome donkerte om haar vou, en Mauro weet hy kan op geen manier saam met hierdie mensie hardloop nie, nie ongesiens, of gesiens nie, daarvoor is sy te vlugvoetig, en hy staar met absolute bewondering agter haar aan wanneer sy soos ʼn hekkies atleet oor die park banke seil, uit die paadjie swenk en tussen die bome verdwyn.
Hulle samesyn word dit wat albei elke oggend wakker maak, en wat albei saans in diepe depressie in dompel, maar hulle praat nie daaroor nie, hulle koester net die ure saam, die raak van hul arms, die vlugtige raak van hulle hande wanneer hulle op dieselfde tekening werk, elkeen met sy spesiale gevoel diep in hom versteek.
Albei adem die reuk van die ander in, en vir albei is dit die wonderlikste reuk, voel albei of hulle dit in ʼn klein botteltjie wil toemaak sodat hulle daaraan kan ruik in die lang eensaam-nagte en naweke, maar hulle hou hul gevoel vir hulself.
Mauro kyk na die glimmende pikswart kop, die swart krulle teen die bleek voorkop, en die smagting in hom oorweldig hom, nie by magte om homself te keer nie, steek hy sy hand uit en stoot die krul effens uit haar oë. Dit is asof die sterre in hulle ontplof, en wanneer Armind opkyk is die passie in albei, en trek Mauro haar teen sy hart vas.
“Armind, vergewe my, maar ek kan nie anders nie,” en sy staan stil met haar kop teen sy kloppende hart, en sy sit haar arms een oomblik om sy sterk lyf, en die smeking is in haar, ‘Here help, gun my dit net vir een oomblik.’
Hulle bly so stil staan, nie een by magte om uit hierdie omhelsing te beweeg nie, albei vasgevang in die wete dit is wat hulle bo alles begeer, maar sy beweeg tog uit sy omhelsing uit, “Dit is ses-uur, ek moet gaan.”
Hy kreun dit uit, “Asseblief ek smeek jou, laat ek jou wegneem, asseblief.”
Sy stap stadig terug tot voor hom, kyk lank en ernstig in sy oë, daardie oë wat haar vier-en-twintig uur lank agtervolg, “Mauro, ek kan nie, ek kan jou nie in my lewe inlaat nie.”
Dit is met ʼn kreun van wanhoop, “Hoekom nie?”
Sy vat een oomblik aan sy wang, “Want jy is te kosbaar om seer te kry, te kosbaar om deel van my lewe se gemors te wees.”
Hy hou die hand vas, “Nee, ek wil deel van alles in jou lewe wees.”
Sy skud haar kop stadig, druk sy hand een oomblik teen haar lippe, “Jy weet nie waarvan jy praat nie, glo my, jy wil nie deel daarvan wees nie,” en dan is sy weg die nag in.
Daar is geen slaap vir haar nie, sy weet die gevoel in haar is besig om haar, haar fokus op wat haar en die seuns tot hier lewendig gehou het, te laat verloor – vlug, en aanhou vlug, vir ewig. Sy worstel met die begeerte om net hier te kan bly, hier naby Mauro te kan bly, en sy weet, die tyd is verstreke, sy en die seuns sal verder moet gaan sodra hierdie kernkrag ontwerp rugbaar gemaak word, en vir die eerste keer in haar lewe huil sy oor die liefde van ʼn man.
Die Vrydagaand vra hy, smeek hy, “Kan jy Saterdag werk, ek sal jou oortyd betaal wat dit die moeite werd sal maak.”
Sy voel die vreugde, en sy lag, “Ek kan, indien die seuns hier kan kom bly solank ons werk.” Die woorde tref hom soos ʼn skottel koue water, sy sien dit, en die vreugde is in haar by die wete dat hy jaloers is, “My broertjies, ek kan hulle nie alleen laat nie.”
Sy lag weer wanneer sy die verligting sien, en hy word rooi van verleentheid, “Jy weet jy het ʼn houvas op my, en hy gryp gemaak speels na haar,” maar sy ontwyk hom, lag vir hom, en bly hy agter met ʼn leegheid in sy hart.
Hy het opgegee om haar te probeer agtervolg, dat sy nooit een aand dieselfde pad hardloop nie, het hy lankal geleer, en dat hy haar nooit gaan vang nie, het hy ook lankal aanvaar.
Wanneer hy agt-uur instap, is hulle daar, stil soos standbeeldjies, mooi soos engeltjies, met oë wat kyk en alles inneem, gesiggies uitdrukkingloos, stil soos die graf, en iets slaan vas in hom, ‘Here wie is hulle, wat is hulle verhaal?’
Hy kyk na haar werk, en besef dit wat Armind nou aan werk, nie in sy ervarings veld is nie, en hy gaan sit by die seuns, en dadelik is Armind by hulle, hy weet hierdie is haar lewe, en hy voel ʼn bewondering, en ʼn effense steek van jaloesie.
Die oomblik wanneer sy by hom is, trek sy hom in die groep in, vat sy, sy hand soos gisteraand uit haar eie, en sê sy sag, “Hierdie is my baas, Mauro,” en die seuns staan op, doodstil, en Mauro voel die magiese aantrekking van die oomblik, en alles aan hierdie absoluut oordonderende mooi mense met die stil groot gekleurde oë, en die bleek gelaatstrekke, is vir hom onwerklik, en vir een oomblik dink hy, ‘Is hierdie mense ooit van hierdie planeet?’
Sy sien dit in sy oë, “Moenie te veel daaroor dink nie Mauro, moenie dat dit tussen ons lê nie,” en hy voel haar hand teen sy hare, en hy verstil by die gevoel wat dit in hom wakker maak. Sy buk af en wys na die seuns, “Hierdie is Elehandro en hierdie is Jorgeness.”
Hulle staan vorentoe en steek twee baie klein handjies uit, “Hallo”, kom dit asof uit een mond, en hy vat die twee klein handjies vas, en die gevoel om hulle teen sy hart te druk neem van hom besit, hy gaan sit op sy knieë, trek hulle in die kring van sy arms in, en hy weet nie waarom nie, hy weet net hy moet.
Die twee seuns staan een oomblik stokstyf, en dan gee hulle mee en lê hulle teen sy groot sterk lyf.
Armind staan in verwondering, ‘Vader wat is besig om met ons te gebeur,’ en sy weet, ‘Hulle is besig om hulle harte te verloor’.
Sy bly een oomblik met haar warmte teen sy rug, draai weg en gaan terug na haar werk, terug na kyk na die drie mense wat haar hart besit, en sy weet, sy is nie ver van besluit neem nie, en die hartseer wil haar versmoor ‘wat moet sy doen, sy wil hier bly, by hom bly, maar sy weet dit kan nie’.
Hy bly op sy knieë staan, deels oor die gevoel in sy liggaam na haar aanraking, maar ook omdat hy weet, hy is in totaal uit sy gemak sone, en sy help hom nie uit die situasie nie, “Wil julle televisie kyk?”
Die een oomblik se lewe in die kleurvolle oë, “Nee dankie, maar ons sal skaak met jou speel.”
Armind glimlag, kyk nie om nie, ‘Die twee rakkers.’
Mauro voel of hy ʼn effense oorwinning behaal het, “Goed, kom ons kry die bord.”
Wanneer hulle sit, is dit Elehandro wat eerste teen Mauro speel, en Armind wag vir die uitbarsting.
In ʼn kwessie van agt bewegings, het Elehandro, Mauro in skaakmat, en Mauro se mond val oop, “Hoe de duiwel doen jy dit?”
Hulle die twee lag, en vir haar is dit die mooiste klank ooit, hulle wat nooit enige geluid in die kamer maak nie.
“Nou ek,” se Jorgeness met beslistheid in die klein stemmetjie.
Mauro kyk na die klein knapie, en in sy hart weet hy, die wonderwerk is nog nie verby nie.
“Mauro jy moet konsentreer,” Sê Armind hier agter sy kop waar hy op die mat sit, en hy voel die hitte van haar bene teen sy rug, en dit neem besit van hom sodat hy een oomblik sy oë moet toemaak.
Dit vat Jorgeness ses bewegings, en Mauro weet hy het nog nie die begin van genialiteit gesien nie.
Hy bly op die mat by hulle, speel, teken, gesels, en hy weet hy is werklik vasgevang in ʼn sprokie, en hy vrees iemand sal sê, ‘Fluit-fluit my storie is uit,’ en hy voel die vrees in hom groei, ‘Here ek kan hulle mos nie verloor nie, ek kan nie weer hier sonder nie’.
Twaalfuur is hy beslis, “Kom ons bestel kos, wat wil julle eet?”
Hulle is stil, met oë op Armind, en wanneer sy stilbly, “Wat jy koop is reg, ons sal dit eet,” Kom dit van Elehandro.
Hy sien die aanvaarding, weet hy wil ‘hulle’, die keuse laat maak, “Julle beurt om te kies, pizza, hamburgers, regte kook kos, net wat julle wil hê.”
Wanneer sy haar kop knik, kom dit gelyk, “Regte kook kos asseblief,” en sy verbasing groei.
Hy laat die ete aflewer, laat ʼn tafel dek in die kantoor, en hulle gaan sit, hy, sy en die twee, en dit voel so reg, dit voel so wonderlik, en daar is ʼn beklemming in sy hart, en hy weet nie waarom nie.
“Voel dit nie ook reg vir jou nie?” en hy sien die antwoord in haar oë, en hy sien die vrees, en vir geen rede deel hy dit skielik.
Hulle verdwyn soos hulle gekom het, stil die nag in, en sy lewe gaan staan stil, wagtend op Maandag more, en sy hart huil.
Die Saterdag werk, word roetine, word die samesyn met hulle wat hy as sy eie begin beskou, sy begin en einde van sy week, en hy weet, hy wil haar by hom hê, elke dag en elke nag, nie as ʼn kollega nie, as sy geliefde, sy vrou.
Is die raak van haar bene teen sy rug wanneer hy op die mat by die twee sit, meer gereeld, die kyk in haar oë, die vat van haar hand aan sy wang en aan sy hare, die hitte van haar been by die etenstafel, en sy lewe begin vir die eerste keer.
Die vrees bly in hom dat sy sal verdwyn as hy te naby kom, dit weerhou hom van wat hy bo alles begeer, ‘sy as sy vrou, sy in sy intiemheid’, en hy stoei met die vrees wat hom dag en nag teister.
Hulle samesyn in die week verander in iets wat albei as ʼn liefkosing beleef, hy wat sonder ophou haar aanraak, haar hande, haar hare, haar lieflike gesig, en sy wat met daardie ongelooflike oë en sagte hande ʼn opwelling in hom bring wat dreig om oor te gaan in werklike liefkosing.
Hy vind homself meer styf teen haar rug voor die teken bord, met haar perfekte warmte wat sy elke weefsel aanraak, hy wat sy lippe op die swart krulle sit, en bo alles begeer om daardie perfekte mond te soen, hierdie perfekte liggaam intiem aan te raak, maar hy weerhou homself, bevrees dit sal haar laat verdwyn.
Armind maak haar oë toe wanneer sy, sy liggaam, sy manlikheid teen haar voel. Sy voel hoe haar asem jaag, haar hart versnel, en sy weet sy begeer om in hierdie mens se arms te wees, moontlik in sy huis te wees, meer as enige iets in haar lewe. Vir die eerste keer in haar lewe, voel sy die saamtrek van haar vrouwees, die ritmiese polsing in haar, en sy weet, sy het hierdie mens liewers as die lewe self, en dit bring ʼn vreugde en ʼn geweldige vrees in haar.
Sy veroorloof haar meer en meer, om net aan hom te vat, daardie sterk hand teen hare te voel, sy welkome warmte teen haar lyf te beleef, en sy weet sy is in die moeilikheid, want hierdie gevoel gaan ongelooflike hartseer vir haar bring, sy kan hom nooit in haar lewe se gemors intrek nie, daarvoor het sy hom te lief.
Sy gee hom die laaste skets, en vir die eerste keer in haar lewe voel sy die begeerte om ʼn ander te kus, en sy doen dit.
So onvoorspelbaar is dit, dat die sagte aanraking van haar lippe op sy wang, oor is, voordat hy dit besef, hy weet, ‘net hierdie mens, met alles van haar, dit is al wat hy begeer’, en hy tel haar op, sit haar voor hom op die lessenaar neer en hulle lippe vind mekaar en verloor hulle hulself in die vreugde wat dit bring.
Hy hou haar vas, laat sy hande oor haar gesig, haar lyf, haar lippe streel, laat die intiemheid daarvan oorstoot in sy man wees, voel albei die opwelling en die oorloop van hierdie aanraking in hulle intiemheid, en dit is wondersoet vir albei.
Hy hou haar daardie paar minute langer by hom, en dan is sy weg, regtig weg, en is die wonderlike samesyn oor, wreed en onvoorwaardelik oor.
Wanneer hy die volgende oggend instap, is die twee seuns daar, en hulle storm hom, gryp hom vas, en hy gryp hulle vas, “Wat is dit?”
Dit Mitch wat begin praat met emosie in sy stem, “Mauro ons moet dringend praat.”
Hy voel die vrees stoei met ʼn omgekraptheid in hom, hy weet verseker, dit wat weggehou was van hom deur Mitch sy lewe gaan wegvat, want die dood is in die seuns se oë, “Ek dink dit is tyd Mitch, wat steek julle vir my weg, waar is Armind?”
Hy sien die vrees, en die hulpeloosheid in Mitch se oë, en hy hoor dit in sy stem, “Ons weet nie, sy het die seuns laasnag by Terese gelos en gevra sy moet hulle na my bring, ‘hulle’ het hulle gevind.”
Hy voel sy keel toetrek, “Wie is ‘hulle’, en waarvan praat jy Mitch?”
“Mauro kom ons sit, sodat ons kan praat,” en Mitch val op die bank neer, en die hartseer verhaal kom lê tussen hulle, en Mauro besef, hy het self haar ondergang veroorsaak, hy het hierdie drie mense se wegkruip plek openbaar gemaak met sy gesoek op die internet na haar verlede.
“Hierdie is die kinders van Gregor Liberato,” en Mauro druk sy oë toe met sy hande, skielik weet hy wie hulle is, skielik weet hy waar die vrees vandaan kom, weet hy net nie hoe hulle hier gekom het nie, hoe hulle nog leef nie.
“Ek dog hulle is almal dood.”
“Almal het so gedink, maar hierdie drie het ontsnap, hulle het die dood vrygespring.”
Mauro voel die verlorenheid in hom, “Sy is nie Armind nie, nê?”
“Sy is Guilermo Assunçãoto Liberato.”
Dan weet Mauro wie sy is, weet hy hoekom sy so briljant is, want sy is die mees briljante kern wetenskaplike ooit, sy is die een waarmee die Oos Blok die Weste regeer al die jare, sy en haar bonatuurlike briljantheid.
Hy onthou die skok golwe drie-jaar gelede toe die media die berigte die wêreld ingestuur het oor die moord op die Liberato familie, en hy sak op sy knieë en neem ‘haar’ twee seuns in sy arms, en druk hulle teen sy hart.
Hy vra dit met sy arms om die seuns, “Wat presies het gebeur?”
“Hulle was buite die gebou toe sy gisteraand uit is, sy het hulle dadelik gesien en hulle ontglip. Sy het die seuns by Terese gelos en gevlug, weg van hulle af sodat die monsters hulle nie kan vind nie. Sy het Terese gebel en gesê die seuns moet hiernatoe kom, en dat ek met jou oor hulle moet praat.”
Mauro voel die dood in hom, maar hy ruk homself reg, en kry beheer oor homself, “Mitch, vra vir Julia om vir my Sven Staube van Interpol op die lyn te kry.”
Hy hoor Mitch se woorde, en sy hart weier om dit te aanvaar, “Mauro die moontlikheid bestaan dat sy laasnag moontlik die prys betaal het wat sy onderneem het om te betaal vir hierdie twee mannetjies se lewens, haar lewe.”
Mauro voel hoe sy hart breek, ‘wat van hom, waar pas hy in die prys in,’ en die onthou van haar woorde slaan hom amper wind-uit, ‘Want jy is te kosbaar om seer te kry, te kosbaar om deel van my lewe se gemors te wees’, en iewers in daardie woorde kry hy sy krag, ‘Sy het werklik vir hom omgegee’ en hy bid dat dit liefde is.
Sodra die foon lui, tel hy die seuns op, en loop met hulle in sy arms na die lessenaar.
Julia Reynders sê sag, “Dit is Sven op die lyn.”
Hy sit die seuns op sy skoot neer, neem die gehoorstuk, en so rustig as moontlik begin hy praat, “Sven, hallo,” en hy is woordeloos, hy kan nie op hierdie foon praat nie.
“Hallo Mauro, dit is ʼn verrassing, hoe gaan dinge by jou, waarmee kan ek help?”
Hy voel hoe sy asem jaag, “Sven ek kan nie oor die foon praat nie, maar dit is uiters belangrik, ek moet jou binne die volgende halfuur sien, dit is ʼn kwessie lewe en dood.”
Sven Staube weet dadelik daar is fout, hy weet Mauro sal oor niks op hol raak nie, en hy weet hy moet alles eers los en ry, “Goed ek sien jou binne vyftien minute by jou kantoor, ek ry dadelik.”
Mauro weet hy moet nou eers verseker dat ‘haar seuns’, reg is, “Mitch vra asseblief vir Julia om vir die seuns ontbyt van die kafeteria te bestel, ek hou hulle hier by my, ongeag wat die reëlings is, hulle bly by my, my wêreld is die veiligste op die oomblik.”
“Dis reg, ek dink dit is wat sy wou hê.”
Hy dra die seuns na die lessenaar teen die muur waar Julia die tafel laat dek, en hy onthou hulle vier hier, en hy besef die een wat die vier se hegtheid verseker het, is weg, en die trane val uit sy oë.
Wanneer Sven Staube sy kantoor inkom, neem hy hom agter die glasskerm in, en vertel hom alles wat hy weet, en Mitch vul aan wat hy weet.
Sven kyk na die seuns deur die glas afkorting, vee oor sy hare, “Wat vertel julle my, nie eers Interpol weet hulle leef nie, hoe het sy met twee sulke klein kindertjies drie-jaar gelede, en al hierdie jare weggekom,” Dan die kop-skud, “Die mens is bonatuurlik, maar hoe het hulle haar hier gekry, as ons nie eers geweet het nie.”
Mauro sluk aan die verwyt, maar hy weet, hy wil eerlik wees, “Ek glo dit is ek wat hulle hiernatoe gelei het.”
Die skok op Mauro se woorde laat ʼn stilte wat alles oorweldig, “Ek het op die internet rondgekrap om uit te vind wie sy is, ek glo hulle het dit agtergekom, indien hulle so sonder ophou soek, glo ek hulle sou die internet dopgehou het, en ek het haar weggegee.”
Sven probeer die verwyt versag, maar Mauro weet hy is skuldig, “Dit is moontlik, enigiets is moontlik.”
Mauro voel die vrae deur sy kop gaan, en hy vra dit terwyl hy weet daar is op hierdie oomblik geen antwoord nie, “Wie is die ‘hulle’, wat haar familie uitgewis het, en haar sonder ophou soek, en dink jy hulle het haar gevang.”
Dit is Sven wat antwoord, “Die wêreld weet nie wie ‘hulle’, is nie, definitief nie die Russiese regering nie, die Liberato familie is Russe, was altyd, en het altyd net een ding gedoen, kernkrag vir hulle land, behalwe as iets gebeur het wat hul lojaliteit aan hulle land geskok het, maar ek twyfel.”
Hy wag een oomblik, en sonder om sy oë van Mauro weg te neem, “Die bose magte in die wêreld is vreeslik op die oomblik Mauro, daar is omtrent ʼn dosyn lande, en tien keer meer organisasies wat die Liberato familie sou wou besit, en beheer.”
Mauro voel die hoop uit hom gaan, maar hy weet, hy wil alles doen wat moontlik is om haar te beveilig, “Sven is daar enige iets wat gedoen kan word om haar te probeer vind?”
Mauro sien die twyfel in die groot man se oë, maar sy verstand weier om dit te aanvaar.
Sven sien die emosie, besef die man voor hom is meer as ʼn baas vir daardie mens, besef Mauro het sy hart verloor, en hy weet hy wil Mauro iets gee om aan vas te hou, “Mauro, van hierdie oomblik af, sal dit ʼn prioriteit wees, maar ek weet nie, laat ons sien wat ons kan uitvind.”
Sven kyk na die twee kinders, “Wat van die twee seuns,” en weer die skud van sy kop, “Ek kan nie glo sy het hulle gered en aan die lewe gehou nie, dis ongelooflik.”
Mauro se stem is belaai met hartseer maar beslis, “Hulle bly by my, my sekuriteit is onverbeterlik, hier en tuis, ek sal hulle nie een oomblik alleen laat nie.”
Sven weet hy moet dit nou sê, “Mauro dit kan baie gevaarlik vir jou word, hierdie mense is onwrikbaar, hulle sal geen lewe ontsien nie.”
Mauro is beslis, “Dan sal ek net seker moet maak dat hulle hierdie seuns nooit sien nie, dit is al, vir haar en vir hulle.”
Mauro maak sy oë toe, en hy smeek in stilte, ‘Here ek smeek jou, bly by haar, moenie dat hulle daardie wonderlike mens dood maak nie, asseblief.’

Terwyl Mauro reëlings tref om sy sekuriteit tot volmaaktheid te versterk, klim Armind veertig kilometer van die Russiese grens in Finland van die trein af, en het sy tien uur se afstand tussen haar en die seuns gesit. Weet sy dit is wat sy moet doen om hulle veilig te hou, en bid sy vir hulle en Mauro.
Sy weet, totdat hierdie gemors opgelos is, kan sy nie waag om met hulle in verbinding te tree nie, nie eers een woord van haar nie, en haar hart wil breek, en sy besef hoe bekommerd Mauro moet wees, en sy bid hy sal verstaan en vir haar wag, sy weet, sy het hom so ongelooflik lief gekry, en sy klou aan daardie gevoel.
Sy het klaar besluit, sy gaan terug na waar hierdie ding begin het, sy gaan doen wat sy drie jaar gelede moes gedoen het, ophou vlug, en uitwis hulle wat haar en haar familie se lewens so wreed verwoes het.
Sy het laasnag in die trein die detail uitgewerk, sy is ʼn opgeleide skerpskutter, iemand wat selfs as ʼn spioen sou kon werk, dit was wat die regering in hulle Liberato’s ingebou het om hulle veilig te hou, en om hulle te gebruik. Sy weet, nou sal sy dit gebruik vir daardie doel, om veilig te hou wat kosbaar is vir haar, haar drie mans.
Armind weet ook wie haar sal help, daardie ondergrondse organisasie wat deur al die jare ʼn band met haar familie gehad het, ʼn band wat sterker as alle politiek of kernkrag is. Sy sal sodra sy reg is, hulle kontak, hulle vra om te help uitwis wat sy moet uitwis, sodat sy ʼn lewe vorentoe kan hê, en sy bid sonder ophou, dat daardie lewe saam met Mauro en die seuns sal wees.
Mauro dien vyf dae later Armind se planne in onder ʼn firma in Australië se naam, probeer hy ‘hulle’ wat die seuns se lewens bedreig, weghou van ‘haar’ twee seuns. Dit stuur ʼn skokgolf deur wetenskaplike kringe, iewers is daar weer ʼn briljante kern wetenskaplike, en hulle bespiegel, maar Mauro bly stil en onttrek homself en die seuns uit die gemeenskap, en hy wag op woord van haar, woord wat nie kom nie.

Armind gaan reguit na Saint Petersburg, en van daar na hulle plaas in die sneeu bedekte valleie van Kazan. Alles is verlate en afgetakel tot op die grond. Sy gaan direk na die perseel waar die waenhuis was, tree die treë af van daardie onsigbare baken wat net sy en haar familie van weet. Sy grou met haar hande die implemente wat versteek was vir presies hierdie gebeurtenis oop en gebruik dit en grou oor die volgende ses ure die versteekte tonnel wat lei na die hoofhuis oop.
Sy gaan af in die tonnel, verseel die valdeur, en stap soos in haar kinderjare deur die donker gange met die meters breë mure tot in die ondergrondse kluis wat geen mens ooit kan oopkry sonder die kodes wat die dosyne slotte beheer nie.
Sy maak die kluis oop en staan ten aanskoue voor dit waaroor haar familie uitgewis is, die mini-kernreaktor wat die wêreld kan vernietig, of die wêreld kan red, afhangende van wie dit besit en vir watter doel dit aangewend word.
Sy kyk verby dit, vat die gewere, die ammunisie, alles wat sy nodig het om te gaan uitwis wat haar lewe verwoes het. Sy weet na die ure se herroep van daardie dag en die maande wat die dag vooraf gegaan het, wie hulle is, sy weet nie waar hulle is nie, maar dit sal sy uitvind, en sy sal ieder en elk van hulle afmaai.
Armind grawe haarself in, doen onopgemerk haar ondersoek in die volgende twee weke, voordat sy kontak maak met die ‘ondergrond faksie’. Hulle is verstom, “Hoe het julle oorleef, ons het vyf lyke gesien.”
Dit laat haar dink, hoe kon daar vyf lyke gewees het, en sy weet, dit was voor die tyd so gereël, en sy bid ʼn gebed dat haar vader en Helena nog leef.
Sodra die nuus versprei, en die gemoedere van die ‘Ondergrond faksie’ lig, kom die woord deur, ‘Ons glo indien Armind en die seuns leef, haar vader en Helena ook nog leef, want die berigte het altyd verwys na vyf lyke en dit was ʼn leuen.’
Ook word die vermoede bevestig sodra Armind hulle bevestig net sy, haar pa en Helena saam kan die kernreaktor bou, nie een of twee van die groep alleen nie, hulle manier om mekaar te probeer beskerm. Hulle besef, die soek na Armind is omdat sy die laaste eenheid van die drie is, en hulle hoop dat die ander twee leef, groei.’
Hulle begin beplan, kry elke naam, sit ʼn groep aan om elke beweging van elke gemerkte mens te bestudeer, “Ons skiet hulle almal op een dag en op een tyd dood voordat woord kan versprei,” dit is die besluit.
Die ‘hulle’, kry name, kry gesigte, en in die identifisering van die individue, hulle posisies in die samelewing, sowel as hulle betrokkenheid by georganiseerde swart handel, bevestig dit almal se vermoede, haar vader en Helena leef definitief nog. Die faksie kry bevestiging van ʼn hangende transaksie rakende die mini-kernreaktor en dit bevestig die bou van nog ʼn mini-kernreaktor is die doelwit.
“Indien hulle leef, moet ons hulle vind, hulle moet op dieselfde tyd beveilig word, wanneer ons die res dood skiet,” en Armind is beslis hieroor, en hulle stem saam.
Armind bring haar ure deur in die duister van die ondergrond se kelders, en sy bid onophoudelik vir die seuns en Mauro se veiligheid, sy bid dat Mauro vir haar sal wag en haar lief sal kry. Sy weet, die liefde wat sy vir Mauro voel, en die begeerte om weer teen sy warmte te staan, bring ʼn nuwe passie in haar, ʼn nuwe krag om saam met die faksie te doen wat gedoen moet word.
Hulle begin ʼn nuwe soektog, begin plekke identifiseer waar die bou van ʼn reaktor kan plaasvind.
Veertien maande nadat Armind verdwyn het, het die ‘Ondergrond’ bevestiging waar Gregor en Helena gevange gehou word. Die beplanning begin, die ingrawe van mense wat op die regte tyd, op die regte plek moet wees, en die dag van vergelding word vasgemaak, en begin die horlosie die ure aftik.

Mauro het reeds maande gelede in die diepste depressie verval, hy en die seuns klou aan hulle hoop, klou aan mekaar, en word ʼn gesin wat nooit weer geskei kan word nie. Hy laat Sven prosesse in plek sit om die seuns in die geheim aan te neem, hierdie is nou sy kinders, niemand sal hulle van hom wegneem nie, nooit nie, want hulle is daardie deeltjie van Armind wat haar lewendig binne in sy hart hou.
Die aanneming van die twee seuns word amptelik afgehandel, en is hulle sy seuns, word hulle geregistreer op sy naam, is hulle Elehandro en Jorgeness Lourenco, en hulle begin weer leef, gaan uit, gaan fliek, gaan kyk skaak en bofbal, alles wat ʼn pa met sy seuns sou doen, en hulle behoort aan mekaar, en Mauro sluit sy hart vir alle ander vroue, en hy wag vir haar.
“Dink jy Armind leef nog?” Vra Mitch, en Mauro is beslis, “Ja, sy leef, my hart het nog die boodskap dat sy leef, en ek gaan daarin glo vir altyd.”
Die seuns berus met tyd, hulle het hulle familie verloor, maar hulle het iemand gekry wat hulle ongelooflik lief het, en vir wie hulle lief is.

Die dag waarop die top echelon van die Russiese Mafia uitgewis gaan word, breek as ʼn stil yskoue dag aan, dit is vier-en-twintig Desember, sestien grade onder vriespunt, en die dag waarop die Russiese Mafia-hulle samekoms in die paleis langs die Swart meer beplan.
Toegegooi onder die sneeu lê hulle, wag hulle, en tel hulle elke swaar gepantserde voertuig wat verby kom. Is die ‘Ondergrond’ se mense in plek in die gebou waar Gregor en Helena ʼn rusdag gegun word, waar hulle toegelaat word om die twee dae saam in een kamer deur te bring.
Hulle lê stil langs mekaar, toegevou in hulle leed wat hulle die afgelope drie-jaar slegs drie keer kon deel, drie Kersfees dae. Hulle is stil, kan nie praat oor die seer in hulle nie, die verlies van hulle twee seuns en Armind, die verlies van hulle vryheid.
Sodra die donker die velde onsigbaar maak, bars die hel los. Detoneer Armind self die plofstof wat onder die kasteel geplaas is, en staan hulle reg en skiet een-vir-een persoon dood wat uit die kasteel vlug voor die brand, skiet hulle totdat die sneeu rooi vlek van die bloed, en gaan vyftien ‘Ondergrond lede’ in, en maak seker geen mens het oorleef nie. Hulle verdwyn soos hulle gekom het, ongesiens en ongehoord.

Die oomblik wat Armind die detoneerder druk in Kazan, hoor Gregor en Helena waar hulle in hul sel in Saratov lê die helse ontploffing in die fabriek skaars sestig meter weg van hulle sel.
“Trek dadelik aan Helena, nou moet ons twee regstaan, hulle sal ons kom uithaal indien daar moeilikheid is, en ons moet ons self probeer verdedig.”
Hulle hoor die stem deur die deur skree, “Professor Liberato keer die bed op julle om, en lê so ver as moontlik weg van die deur, ons gaan die deur oopskiet.”
Gregor gryp Helena en hy gaan lê onder die omgekeerde bed bo-op haar. “Ons is veilig,” skree hy, en dan bars die deur uit die mure en Gregor en Helena voel die skokgolf wat oor hulle gaan, gevolg deur die rommel wat op die bed val. Hulle word onder die rommel uitgehaal, en ses gesluierde, gewapende mans, gooi jasse oor hulle skouers, en is hulle uit die sel.
“Ons het presies drie minute om hier uit te kom voor die gebou die lug in opgaan,” skree die een man bo die lawaai vir Gregor.
“Volg my, ek weet hoe ons hier in tyd kan uit,” en Gregor vat Helena se hand, en hardloop die groep almal agter hulle aan. Dit vat hulle minder as twee minute voordat hulle deur ‘n sy-deur die koue nag inval, hulle hardloop oor die sneeu bedekte gronde in die rigting wat die gesluierde mans beduie.
Binne sekondes is die voertuie by hulle, en met Gregor en Helena veilig plat in die voertuig snel die voertuig oor die veld die donker nag in.
Waar Gregor met Helena half bo-oor hom lê bid hy woordeloos, ‘Here my kinders, waar is my kinders, of hulle lyke indien dit so moet wees’, maar hy bly stil, die seer oor sy gene, sy briljantheid wat sy kinders gemaak het, en moontlik hulle lewens geneem het, en hy huil.
Dit gaan soos ʼn skokgolf deur die wêreld, ‘Die Russiese Mafia is uitgewis, al twee-en-twintig van die top bestuur is dood gevind by hulle kasteel in Kazan. ʼn Ontploffing het verder die vuurwapen fabriek in Saratov ʼn honderd myl verder vernietig.’
Dan is die nuus stil, net dit, niks meer, en Mauro weet sy was daar, sy het dit gedoen, en hy vra die Here, ‘Indien U haar nie vir my terug bring nie, gee haar rus Here,’ en hy kom tot rus, hy weet, ‘Indien sy leef sal hy haar weer sien, indien hy nie tel nie, haar twee seuns tel, en sy sal kom vir hulle’.
Volgens die besluit word Gregor en Helena deur die ondergrond met ʼn roete deur Finland, Swede en Duitsland tot in Switserland uit Rusland geneem, terwyl Armind deur Belarius, Pole, Slovakia en Austria tot in Switserland geneem sal word, uit vrees dat hulle wel weer gevange geneem kan word.
Voor Armind Rusland verlaat word die besluit geneem oor die mini-kernreaktor, en laat in die nag ʼn week later, is daar ʼn derde ontploffing, en kan die Russiese polisie geen rede vind vir die verwoesting op die plaas van die vermoorde Liberato familie nie, en sluit hulle, hulle lêer oor die Liberato’s, en Rusland ween weer oor hulle verlies van vier jaar gelede, maar met die wete dat daar vergelding was, en ʼn land kom tot rus.

Die weersiens veertien dae later in Switserland van Vader, dogter, en boesemvriendinne, is aandoenlik, en die hoop van vryheid is in hulle.
“Wat nou,” vra Gregor met trane van dankbaarheid wat nie wil ophou vloei nie, en Armind sê dit met al die hoop wat sy bymekaar kan maak, “Nou gaan ons as vry mense in ʼn ander land leef, ons is dood, ons kan nie in verband gebring word met gebeure nie, ons Liberato’s bestaan nie meer nie,” en met die vertroue wat daardie laaste weke se warmte van hom teen haar lyf gebring het, “Ek het reeds vir ons ʼn ander huis gaan skep, en ek weet hy wag vir my.”
“En my seuns,” vra Helena, en sy bid en sy huil.
Met al die oortuiging wat in haar is, “Hy sal na hulle kyk, hy sal hulle met sy lewe beskerm, hulle is veilig solank as wat hy leef.”

Sy kom terug, soos sy gegaan het, laataand, stil sonder ophaal, gebruik sy haar toegangskaart wat sy elke dag vandat sy weggegaan het teen haar hart gedra het, en die feit dat die kaart na al die maande steeds aktief is, versterk haar vertroue, hy wag vir haar.
Wanneer hy, waar hy voor die venster in sy kantoor staan, met die swartkoppe op die sofa aan die slaap, die arms om sy lyf voel, die warmte van daardie lyfie wat hy elke oomblik die afgelope maande onthou het teen hom, weet hy, die Here is goed vir hom, sy lewe is terug.
Draai hy om, druk haar teen hom vas, en hy huil, en hy buk stadig af, soen daardie hare en voorkop wat hy so begeer het om aan te raak, en die emosie vloei deur hulle, en hulle trane meng, en hulle liggame en harte smelt saam en word een.
Hy kyk na daardie lippe wat hy eenkeer voorheen aangeraak het, en soos in sy drome soen hy haar, en hy voel die passie, voel dit wat die warmte van haar hand teen sy rug aan hom doen, voel hoe die klopping in sy liggaam weerklank vind in haar, en hy weet, hy is die gelukkigste mens in die wêreld.
Hulle bly eers net in die kantoor, daar waar al hierdie wonderlike gevoelens maande gelede ontstaan het, en die sagtheid van haar vel teen hom, vat hom na daardie sprokie verhaal wat hy maande gelede aan gedink het, en hy weet, daar is nie ʼn ‘Fluit-fluit my storie is uit’ einde aan hierdie verhaal nie.
Mauro sit met haar op sy skoot, hou haar vas teen hom, en sy streel sy arm met ʼn passie wat dreig om hulle alle voorbehoud oor boord te laat gooi, maar hulle weet, ‘nie vandag nie, nie hier nie, daarvoor is hulle lewe vorentoe te kosbaar,’
Wag hulle vir die ongelooflike kleurvolle oë van die seuns om oop te gaan, en wanneer hulle haar sien, is dit alles waarvoor hulle gebid het, die vreugdes trane, die armpies om haar nek, die wete dat hy hulle gekoester het, bewaar het vir haar en haar mense.
Hy vat haar na sy huis toe, hulle sit die seuns saam in hulle bedjies, en sy gaan gewillig na sy kamer, vol verwagting van wat gaan kom, dit waarvan sy niks weet nie, dit wat sy oor gedroom het deur al hierdie maande.
Die wakker word in hierdie mens se arms, die kyk in sy oë, die onthou van sy warm polsing teen haar, dit weet Armind het meer passie en plofkrag, as al die kern krag wat sy in haar lewe gesien het, en sy weet, sy het ʼn nuwe passie gevind.
Die eerste ontmoeting van die ongelooflike begaafde mense word geseël met trane van dankbaarheid oor die twee lewens wat hy veilig gehou het, en die huis wat hy vir hulle geskep het.
Mauro word beloon met ʼn familie van begaafdes, word hy en sy skoonouers een, en trek hulle in sy kasteel in, kom hulle ooreen om nooit weer verwyder te wees nie, altyd saam in een huis.
Hulle word waarlik ʼn familie, en hy en Armind deel ʼn liefde wat mense net oor droom, liefde wat een uit ʼn miljoen miskien ondervind, ʼn liefde wat alles omvattend is, ʼn liefde wat alles verstaan, alles aanvaar.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed