Jongste aktiwiteit:

Metafore: ʼn waterstroom wat vloei deur ons taallandskap.

Metafore: ʼn waterstroom wat vloei deur ons taallandskap.

Wat is metafore?

Wanneer jy ʼn digter of skrywer is, het jy definitief al van metafore gehoor. As jy lief is om met woorde te speel, kan jy selfs ʼn groot aanhanger van die metafoor wees.
Metafore is nie net nog woorde nie, hulle dra ook by tot die estetika van Afrikaans.
Daar is heelwat verduidelikings oor wat presies ʼn metafoor is en Wikipedia beskryf dit so: “’n Metafoor (meervoud: metafore) is ‘n oordragtelike, figuurlike uitdrukking wat op ‘n vergelyking, ooreenkoms berus, die beeld in die plek van die eindelike voorstelling plaas, of die ooreenkoms tussen twee vergeleke voorwerpe suggereer.”

Skrywers hou daarvan om metafore in te span vir duidelikheid, effek of om ʼn saak te aksentueer. Metafore gee ook kleur aan vertellings, prosa of selfs liedere.

In taalkunde het metafore ʼn “broertjie”: die vergelyking. In Wikipedia se woorde: “In taalkunde is ‘n vergelyking ‘n vorm van beeldspraak wat die eksplisiete ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders noem. Dit word gevorm met die woord “soos” / “as”, die tweede naamval of ‘n koppelwerkwoord.”

In kort is alle vergelykings metafore, maar nie alle metafore is vergelykings nie.

 

Metafore kom op talle plekke voor, maar kom ons kyk bietjie na paar voorbeelde:

In letterkunde:

Net paar voorbeelde waar metafore voorkom in bekende fiksie en poësie:

‘Die son was ‘n kleuter wat aanhoudend geweier het om te gaan slaap: dit was agt en dertig en nog lig.’ – John Green, Die fout in ons sterre.

‘Boeke is die spieëls van die siel.’ – Virginia Woolf

‘Alle godsdienste, kunste en wetenskappe is takke van dieselfde boom.’ – Albert Einstein

‘Kuns spoel die stof van die alledaagse lewe uit die siel.’ – Pablo Picasso

‘Jou vlees sal ‘n wonderlike gedig wees.’ – Walt Whitman

‘Gewete is ‘n kompas van ‘n man.’ – Vincent van Gogh

‘Bome is gedigte wat die aarde aan die hemel skryf.’ – Kahlil Gibran

 

In bekende aanhalings:

Oor die verloop van die jare is daar ʼn lang lys van bekende aanhalings wat gemaak is deur bekende skrywers, kunstenaars, wetenskaplikes en akademici.

Hier volg paar voorbeelde:

‘Tyd is die bewegende beeld van die ewigheid.’ – Plaat

‘Boeke is die spieëls van die siel.’ – Virginia Woolf

‘Alle godsdienste, kunste en wetenskappe is takke van dieselfde boom.’ – Albert Einstein

‘Kuns spoel die stof van die alledaagse lewe uit die siel.’ – Pablo Picasso

‘Jou vlees sal ‘n wonderlike gedig wees.’ – Walt Whitman

‘Gewete is die kompas van ‘n man.’ – Vincent van Gogh

Die gemelde aanhalings is in meeste gevalle oorspronklik in Engels gemaak.

 

In alledaagse omstandighede:

Hier is waar ons dikwels metafore hoor in die lewe rondom ons. Hierdie metafore staan ook dikwels bekend as idiome.

Voorbeelde:
Sy is die swart skaap van die familie.
Haar naam lui glad nie ʼn klokkie by my nie.
Hy het ʼn hart van klip.
Ek hou van lees, maar misdaadverhale is nie my koppie tee nie.
Dit is nou tyd vir jou om die musiek in die gesig te staar.
Ons toekomsplanne hang in die lug.

 

Wat is die funksies van die metafoor?

Twee funksies van die metafoor:
• dit skep spanning en
• dit vorm verbinding.

Spanning: ʼn voorbeeld waar die metafoor taalspanning skep, sien ons as daar interaksie ontstaan tussen “saak” en “beeld”. Spanning ontstaan tussen onthul en verhul. As ons kyk na die metafoor: “God is ʼn rots” in Psalm 18:2 word saak en beeld in ʼn komplekse sin saamgevoeg wat beide die ooreenkomste en verskille erken. So ontstaan daar spanning in die stelling . “God is ʼn rots”: die konkrete metafoor bevestig dat daar ʼn verband tussen God en die vaste, sterk skuiling van ʼn rots “is”, maar terselfdertyd word die element van “is ook nie”, ook gehandhaaf – God is nie ʼn konkrete koue stuk rots nie.

Verbinding: die metafoor verbind twee werklikhede wat met mekaar verband hou. As ons hier kyk na: God is ʼn son in Psalm 84:12 word die werklikheid van die son ʼn verteenwoordiging van God se werklikheid. Soos die son vir die aarde lewe gee, kom wys die metafoor vir ons dat God vir sy kinders, die bron van ware lewe is.

In my soeke na meer kennis oor metafore, het dit vir my baie duidelik geword dat metafore soos ʼn verfrissende waterstroom deur ons taallandskap vloei.

Die jaar lê op sy rug en so op die voorstoep van die laaste ure, het ek net weer besef: ons mooi taal is soos ʼn luiende klok wat ons tot stilstand roep om na die melodieë te luister.

©Marlene Erasmus
29/12/2021

(767 woorde)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak