VRIENDSKAP
VRIENDSKAP
Dis reeds jare dat ons saamloop
ons lief en leed deel,
vele male het jy met jou witsakdoek
’n traan van kommer weggevee.
Hand aan hand het ons gespeel
af en toe ’n soentjie gesteel.
Só wil ek jou onthou
vertroetel, geniet en vashou.
Marthie Joubert,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig!