tsernobil
in my vliegtuig
skeer ek oor die chaos
die verwoeste landskap
van my vaderland
.
selfs op die hoogte
waarop die tuig vlieg
beskut ek myself teen
dodelike bestraling
.
strooi ek water
uit oor brandende
kernontploffende
spore van ‘n volk
.
in my groet
het ek vanoggend
afskeid geneem van
my vaderland
.
in die arms
van my moeder
sal geen kinders
ooit weer groei
.
die finaliteit
daarvan skroei
selfs die genetika
van wie nog kom
.
soos tsernobil
verwoesting saai
so kom alles hier
ook tot ‘n val
.
nooit sal ons
kinders weer vra
wat beteken hul dan
vir ons land suid afrika
.
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.