Jongste aktiwiteit:

Die uurglas

Die uurglas

Kosbare korrels rol ongesteurd
vasgevang in gravitasie se tuit
waar niks hul tuimel stuit
beur deur vernouing ongedeerd.

Kosbare korrels vryval ver na benede
betaal dan dadelik die hoogste tol
as laaste oomblikke oombliklik stol
die maatstaf van ʼn verlore verlede.

Waarheen tyd verdwyn kan ons net raai
jou sand sal spoedig ook uitloop.
Is jy deur Jesus bloed gekoop
word jou uurglas omgedraai.

deur Stephan Uys 2018/02/04




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed