My Valentyn nooi
My Valentyn nooi
jy josefskleed my dae met kleur
jy jasmyn my met die soetste geur
jy wag-‘n-bietjie vang my so bedrewe
Jy rankroos my lewe deur en deur.
Jy is yesterday today and tomorrow vir wie ek lewe
jy vuurpyl my om na nog beter te strewe
jy halfmens my as jy my geselskap verlaat
jy katoen my as ek pyn en smart belewe.
Jy wat frangipani in jou weggaan nalaat
jy sonneblom my donker gelaat
jy is die mooiste rooi roos, jy’s my Valentyn
jy maak dat ek die vergeet-my-nie tye sonder jou haat.
deur Stephan Uys 14/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.