Jongste aktiwiteit:

VERSTENGELDE PALET

naby die houtbankie in die park,
dáár het jy vir my ’n toorbos geplant
en jou glimlag het die bome laat bot
terwyl die wind uitbundig blare tart

in die duiwe se kir
is jou naam gespel
en tussen die boomblare
het die son soos blokkiesglas
geflenter en stom
jou naam geroep

jou kreukelhande
het die pad gesoek
na my wat neffens jou
in die skadu sit,
ons was mekaar
se anker en kompas
wat in elkander
skuiling sou vind

skugter het die bloeisels
in jou oë tot vrug gekom
en die geluk het helder
oor jou mond gebreek

daar waar ons ineengevleg
op óns parkbankie sit

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed