Beste INKers
Gun my allereers die geleentheid om een en elkeen ‘n geseënde feesseisoen, ‘n ongeëwenaarde rus en ‘n genadevolle 2020 toe te wens.
Ek is dankbaar vir elkeen wat op INK betrokke is en bevoorreg om te deel in die vreugde dat elkeen vir hulle geliefdes uitgespaar is om nog ‘n feesperiode te deel.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie jaar in hul veld presteer het en mag die meetsnoere in lieflike en vrugtevolle plekke val.
Hierdie maand se projek is, inlyn met die feestelike atmosfeer, eenvoudig en gemaklik.
Die tema is: “Dans asof niemand kyk nie.”
Alle afdelings, hetsy poësie, prosa, verhale, rubrieke en ook gorrels, sal die doodeenvoudige tema interpreteer en ‘n besonderse werk voorlê.
Daar is geen inkorting, reëls of regulasies nie. Gee jou verbeelding vrye teuels.
Wees gelukkig, geniet jouself en skryf in Afrikaans.
Fees- en skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE