Jongste aktiwiteit:

dans van lewe

BRONS

dans van lewe

suutjies sag in stille afhanklikheid
nie onderhewig van omstandigheid

dartel-dans ek op maat van vreugde
goddelik geskape – ʼn vrou van deugde

soos vurig kandelaar van ouds gevul
met lewend vloeistof in Sy glorie gehul

so vlinderdans ek met my lamp vol olie
skyn geen glim of glans van melancholie

vinkervlerk vry my dans van vrede
weet ek Hy is my doel en my rede …

©Marlene Erasmus
30/12/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed