Jongste aktiwiteit:

laaste dans met pa

Jou silwergrys hare kinkel skewelyn om jou ore
jou wingerstok vingers
vou saggies om myne
in ‘n laaste dans.

Pappa; jou oë vind myne en saggies,
amper onhoorbaar begin jy neurie.
Ek is weer kleindogtertjie klein,
my oë vasgevang in joune
in ‘n “make believe” wals.
Kleine voetjies op joune,
rondomtalie ons,
draai en swaai ons terug na die verlede.

Pappa; saggies neurie ek die wysie
van toekatyd se walse op die ou houtvloer.
Dans, dans asof niemand rondom ons bestaan nie,
dans ons laaste dans, totdat die sagte vlerksimbaal
jou na jou hemelhuis kom haal.

Jou silwergrys hare kartel om die draaibaan van my vinger,
pappa, hierdie laaste dans is joune.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed