Jongste aktiwiteit:

bitter soet

as jy nog nie aluin geproe het nie
weet jy seker nie wat bitter beteken nie

my duin is vol van soet herinneringe
al die soete ervarings speel vandag weer

more steun en kreun ek dalk weer
slaan die bitter uit op my vel soos aluin poeier

al die allergene van die twintigste eeu
maak mens soms bitter vies en maak jou klae

tog is dit juis die bitter in jou lewe
wat jou regtig bewus maak van die soet

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed