waarnemings
van my sitplek op my duin
loer ek oor die skare heen
families kom verby en lag
duidelik gelukkig met wat hulle het
ander stap haastig verby
soekend na iets wat hul ontwyk
liefdes paartjie wei saggies
oor die mooiste strand wat hul ken
eensame figure stap en stop
tuur na die blou kim oor die wye see
geluk en vrede is baie skaars
mens moet dit aangryp en geniet
moed blymoedigheid en kalmte van gees
is ‘n gawe van Bo wat min regtig ooit beleef
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.